Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
FB-blad wys waar jy en Woef in Gqeberha kan eet
Talita van Eeden (links), met Blitz op haar skoot, Marizanne Ferreira (regs), met Yanka-Kwanita wat op die vloer sit, en hul genooide gaste, Janine Lee en Digit, het Vrydag ’n troeteldiervriendelike restaurant besoek om ’n resensie vir die Paws off the table-Facebookblad te skryf. Foto: Lulama Zenzile

Met die verslapping van die koronavirus-inperkingsregulasies is die aanpassing vir mense om weer voltyds by ’n kantoor te werk bykans ewe erg vir hul vierpoot-kinders, wat nou weer alleen tuis is.

Dié hartseer werklikheid het ’n idee laat posvat by twee diereliefhebbers in Gqeberha (Port Elizabeth) om plaaslike hondevriendelike restaurante uit te soek sodat honde-eienaars weet waar hulle saam met hul Woef kan ontspan.

Die Facebookblad Paws off the table is gestig deur Talita van Eeden en Marizanne Ferreira, wat plaaslik ook bekend is vir hul gratis troeteldier-onderrig en -vermaak aan skole en ouetehuise. Saam met Ferreira se Yanka-Kwanita, ’n pitbull, en Van Eeden se Blitz, ’n skaaphond, asook ’n weekliks genooide gas en hul hond, besoek hulle hondevriendelike restaurante en evalueer die diens aan hul honde-kinders, waarna ’n volledige resensie op die Facebookblad gedeel word.

“Natuurlik is die kos belangrik, maar dit is vir ons die kersie op die koek. Ons kyk eerstens na hoe vriendelik hulle (teenoor diere) is, of daar water uitgesit is vir die honde en of ons daarvoor moet vra. Baie belangrik is ook die houding van die personeel teenoor die honde,” sê Ferreira.

Ferreira, wat ook nou saam met dierewelsynorganisasies werk, sê hulle het ’n groot toename in oproepe ontvang van honde wat baklei of oor mure spring nadat mense na kantore teruggekeer het toe die inperkingsregulasies verslap is en die honde skielik alleen was.

“Jy moet werk toe gaan en jy moet ’n lewe hê, maar jy kan die lewe saam met jou hond geniet. Hulle hoef nie 18 uur per dag alleen by die huis te wees nie. As jy vir koffie of ete uitgaan, kan jou hond saamgaan.

“Ons hoop om die konsep oor te dra dat dit oukei is om jou honde saam met jou te vat. Jy hoef nie Nieu-Seeland of Kaapstad toe te trek nie, jy kan dit in (Gqeberha) doen.”

Natuurlik is die kos belangrik, maar dit is vir ons die kersie op die koek. Ons kyk eerstens na hoe vriendelik hulle (teenoor diere) is, of daar water uitgesit is vir die honde en of ons daarvoor moet vra. Baie belangrik is ook die houding van die personeel teenoor die honde.

Die groep se eerste resensie-besoek was Vrydag aan die Savages-restaurant, wat sedert sy bestaan sowat vyf jaar gelede ook honde by hul tafels verwelkom.

Cindy Hoekstra, eienaar, wat self ook ’n string troeteldiere het, sê die uitleg van die restaurant se tuin het dit maklik gemaak om ’n troeteldiervriendelike restaurant te open.

“Ons is baie gelukkig hiermee, want mense is lief vir hul troeteldiere en hulle is deel van gesinne.”

Volgens Hoekstra daar ’n spesiale veranda vir honde en hul eienaars by die restaurant.

Ferreira benadruk dit is uiters belangrik dat honde-eienaars seker maak hul honde is opgelei en kan in die publiek gehoorsaam wees.

Janine Lee en haar hond, Digit, sit saam aan tafel en geniet ’n ontbyt by die troeteldiervriendelike restaurant. Foto: Lulama Zenzile

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.