Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Fietsryers trap tuis ‘teen Everest uit’

Wat doen fietsryers as hulle nie mag uitgaan om teen ’n berg uit te ry nie? Hulle bring die berg in hul huis in.

Wilhelm Landman wys hoe ’n mens teen ‘n berg uitry in jou eie huis. Foto: Verskaf

Dit is die plan van Wilhelm Landman (29) van Bellville en sewe vriende wat Saterdag hul eie Everest gaan uitry.

Landman sê die idee het ontstaan by ’n fietsryklub in Australië. ’n Mens stel jou fiets so dat dit weerstand bied soortgelyk daaraan om die 8 848 m hoë helling van ’n deel van Everest uit te ry. Met ’n bietjie wiskunde as deel van die projek, beteken dit jy ry 8,5 keer ’n helling van net meer as 1 000 m hoog uit. Met ’n Zwift-rekenaarprogram skep jy ’n virtuele wêreld – en dan trap jy jou fiets asof jy buite in die natuur is.

“Die groep fietsryers sou almal deelgeneem het aan groot byeenkomste soos die Cape Epic en hulle het hiervoor geoefen. Maar die staat van inperking het die hele prentjie verander en dit is lekker om nou ’n nuwe uitdaging te hê,” sê Landman.

Boonop gaan hulle geld insamel deur die Ubuntu Pathways-projek. Hulle wil die geld wat so ingesamel word, aan projekte in Port Elizabeth skenk.

So werk dit:

Die groep is in verbinding met mekaar en begin almal Saterdag om 07:00 fietsry. Benewens die fietsryers in Suid-Afrika, is daar ook twee in Engeland, een in Nederland en een in Hongkong. Hulle bly deurentyd in verbinding met mekaar om te sien hoe die ander ook sweet en sukkel en om mekaar te ondersteun.

Landman sê die groep vriende ken mekaar sedert hul studentedae aan die Universiteit Stellenbosch, so al is hulle oor die wêreld heen versprei, staan (oftewel ry) hulle goed saam. Die ander fietsryers is Kobus Landman (Bellville), Edward Venter (Londen), Christiaan Niemand (Naaldwijk, Nederland), Christian Palm (Eversdal), Francois Palm (Londen), Jan-Hendrik Gutter (Bloemfontein), Neil du Toit (Stellenbosch), Kobus Uys (Welgedacht), Philip Piek (Kimberley) en Jan-Hendrik Pretorius (Hongkong).

Daar is voor- en nadele om in jou huis fiets te ry. Aan die een kant is daar ’n kombuis naby en kan jy maklik die nodige voedingstowwe inneem. Maar die groot nadeel is, daar is niks wat jou aandag aflei soos byvoorbeeld om die natuur te waardeer nie.

Landman sê ’n mens raak beslis meer bewus van jou pyne en jou boude raak ekstra seer.

“Dit gaan vasbyt kos, vir enigiets tussen 13 uur en 16 uur,” sê hy.

* Kry meer inligting by https://www.instagram.com/pedalling_for_purpose/

Meer oor:  Bellville  |  Everest  |  Fietsryers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.