Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Fliekmaker, verloofde hou foptroue ná hy positief toets

Dan Mace en Gabrielle Esterhuizen Vrydag tydens hul foptroue in Kaapstad. Foto: https://twitter.com/Dannmace

’n Kaapse rolprentvervaardiger en internet-ster wat die dag toe hy sou trou hoor dat hy positief vir die koronavirus getoets is, het ’n foptroue tuis gehou as ’n verrassing vir sy verloofde.

Dan Mace (30) het op 21 Maart die nuus gekry dat hy positief vir die virus getoets is. Hy het kort vantevore uit Los Angeles in Kaapstad aangekom. Hy en sy verloofde, Gabrielle (Gabi) Esterhuizen (26), is tans in selfisolasie in hul huis in Kaapstad.

Mace, wat in Amerika werk, het Sondag ’n video van hulle foptroue op sy YouTube-kanaal geplaas. Dit wys hoe hy en Esterhuizen tuis “trou”, kompleet met “gaste” wat uit papier gesny is en op die stoele in hul tuin sit. Die ringe en kansel was ook alles selfgemaak.

Esterhuizen sê dit gaan goed met haar en Mace. “Gelukkig lyk dit asof Dan in Amerika herstel het. Ek het nog nie enige simptome gewys nie.”

Volgens haar was die plan om na Amerika terug te keer, maar alles is uitgestel. “Ons geniet nou maar net die tyd saam en sal sien hoe dinge verder verloop,” sê sy.

Mace se sakevennoot, Jonah Lewis, sê hy en Esterhuizen het natuurlik nog nie werklik getrou nie. “Hulle moes die troue uitstel weens die virus. Die video was ’n verrassing vir Gabi in die tussentyd, maar hulle sal wettiglik trou nadat dit alles verby is, met familie en vriende by soos wat hulle beplan het.”

Volgens Lewis is dit nog nie seker wanneer Mace na Los Angeles sal terugkeer nie. “Ons moet maar wag en gehoor gee aan die instruksies (met die inperking) en ons deel doen. Dit gaan nou baie goed en ons werk sover moontlik van die huis af.”

Hier is die video van die foptroue.


Volgens Lewis kan mense ook advies van Mace oor sy ervaring nadat hy gediagnoseer is, hier kry.   

Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.