Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
fliekNET nou permanent deel van DStv

Met flieks te kies en te keur, was die opwip-kanaal fliekNET die laaste paar jaar ’n welkome toevoeging tot DStv se program vir vakansievermaak.

Die goeie nuus is dat fliekNET van 1 September permanent deel van DStv gaan word. Ja, ’n kanaal wat uitsluitlik net Afrikaanse rolprente, kortrolprente en dokumentêre reekse oor die vermaakwêreld gaan uitsaai.

Dinsdag 1 September begin op ’n hoë noot met Die storie van Klara Viljee, die lokettreffer wat in 1992 uitgereik is, met Anna-Mart van der Merwe in die hoofrol.

Dit is dan net gepas dat Moedertjie, een van die eerste Suid-Afrikaans vervaardigde rolprente met klank, ook op die eerste dag gewys word.

Moedertjie, wat in 1931 uitgereik is, is gegrond op J.F.W. Grosskopf se toneelstuk, In die wagkamer, en vertel die verhaal van ’n groep jong Afrikaners wat stad toe trek om ’n beter lewe te gaan soek.

’n Pawpaw vir my darling en verskeie kortprente wat hul debuut op die Silwerskermfees gemaak het, is ook op 1 September se skedule.

Van die ander speelprente wat in September op die lug is, is klassieke rolprente soos Debbie, Dr. Marius Hugo en Die geheim van Nantes – en gewilde treffers soos Vuil wasgoed, Suurlemoen, Pad na jou hart en Lien se lankstaanskoene.

Dan is daar verskeie Silwerskermfees-kortprente, rolprentreekse soos Ons stories en dokumentêre prente oor legendes soos Mimi Coertse en Katinka Heyns.

fliekNET gaan in sy nuwe permanente gedaante egter veel meer bied as net voorheen vervaardigde speelprente, kortprente, dokumentêre reekse en rolprente. Die TV-speelprente wat in 2018 op ’n Sondagaand in die 20:00-tydgleuf uitgesaai is, was baie gewild en daar word beplan om nog meer van hierdie TV-speelprente te vervaardig; ’n verdere bewys van kykNET se belegging in die plaaslike rolprent- en TV-bedryf.

fliekNET sal vanaf 1 September op DStv-kanaal 149 vir Premium-intekenare beskikbaar wees.

  • Kry die program hier: https://www. dstv.co.za/guide/ of volg kykNET se sosialemedia-platforms vir meer inligting.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.