Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
FOTO'S: ’n Blik op die Noord-Kaap

Anena Burger is onlangs as Netwerk24 se Noord-Kaapse korrespondent in Kimberley aangestel. Haar bydraes verskyn ook in Volksblad.

Burger is bekend vir haar uitstekende foto’s – van landskappe, mense en nuus. Vir dié eerste Woord en Kleur in Volksblad op Vrydag dra ons hier ’n keur uit haar Noord-Kaapse foto’s.

Die Noord-Kaap is bekend vir sy erge storms wat soms sonder waarskuwing opsteek. Die storms gaan gewoonlik met kragtige blitse en knallende donderweer gepaard. Foto: Anena Burger
Sakkie se Arkie is een van die Noord-Kaap se groot toerisme-aantreklikhede in Upington. Toeriste kan sononder op die Oranjerivier op dié vlot geniet. Foto: Anena Burger
Die Kalahari word geken aan sy ryke natuurlewe. Dié sebras is op die Erin-wildplaas by Askham afgeneem. Foto: Anena Burger
Sonsondergange in die Noord-Kaap is asemrowend en bring ’n ouwêreldse rustigheid mee. Die foto is by Blaauwskop buite Kanoneiland geneem. Foto: Anena Burger
Sktr. Toto Tom Malashe is op 17 Oktober 2015 in Upington begrawe nadat hy noodlottig gewond is in ’n rebelle-aanval in Soedan. Sy kis is op ’n kanondraer na die begraafplaas in Paballelo, Upington vervoer. Volksblad het destyds oor die hartseergebeure berig. Foto: Anena Burger
’n Gebroke Florence Malashe (32) kyk deur die venster van die lykswa na die kis van haar man, sktr. Toto Tom Malashe, wat op 27 September 2015 in Soedan doodgeskiet is deur rebellemagte wat die Suid-Afrikaanse soldate van 8 SAI tydens ’n roetinepatrollie aangeval het. Foto: Anena Burger
Die !Khomanisan van Askham in die Kalahari beoefen steeds hul tradisionele leefwyse sover dit hul beskore is. Hulle ontvang gereeld toeriste wat hulle dan op tradisionele danse trakteer. Foto: Anena Burger
’n Welkome namiddag-reënbui in die Noord-Kaapse somer. Sulke buie kan kilometers ver waargeneem word en skep prentjiemooi landskappe. Foto: Anena Burger
’n Kokerboom in die Noord-Kaap staan in blom. Hierdie bome vorm woude en blom gewoonlik omstreeks Junie. Foto: Anena Burger
Die Noord-Kaap is die tuiste van vele kleurryke karakters, soos Barrie Burger, ’n pastoor van die Kalahari wat sendingwerk onder die mees verafgeleë gemeenskappe doen. In 2013 het Burger van Noenieput af ’n 78-dae-lange tog van die Kalahari tot by Bloedrivier met sy merrieperd, Deernis, onderneem om die Groot Trek te gedenk. Foto: Anena Burger

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Foto's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.