Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
FOTO’S: ‘Opgewonde oor lewe’

Sluise oop!

Die Vanderkloofdam in 2018. “Die damwal is op 108 m die hoogste in Suid-Afrika,” sê Danie Smit van Trichardt, Mpumalanga.

Kees korrel eers versigtig . . .

“Dit sit nie in elke bobbejaan se broek om te kan skiet nie,” sê Antoinette Schoeman van Riebeeckstad van dié foto. “Dié foto van Adoons het ek by my oom At Viljoen gekry net voordat hy oorlede is. Dit is een van my spesiaalste en kosbaarste foto’s. My oom was ’n groot wildjagter en ons albei is lief vir die bos. Ek stuur aan julle die foto om­dat dit vir my baie beteken.”

Seile gespan

Die Johnsonbeker-wedvaart in Durban se hawe in November 2020. “Die wind was baie erg, maar die seile is altyd mooi,” sê Santie Rindel.

‘Kyk hoe-hoe-hoe kyk hy vir my’

’n Klein Skopsuiltjie in Biyamiti in die Krugerwildtuin. “Hulle is bitter klein, maar beeldskoon,” sê Lida van der Merwe van Vanderbijlpark. “Ek het die roepstem gehoor, maar gesukkel in die donker om te sien waar hy is. Met flits in die hand het ek geloop en soek in die bome. Ek het in sy ogies geskyn en hy het nie beweeg nie.

Spoggerig in blinkste blou

Wegkruipertjie in die Florida-padstal se tuin. Dié foto kom van Willemien Oosthuizen van die Paarl.

Hoop skitter

’n Pragtige wolkformasie hang oor die ooste van Pretoria. “Dit bring hoop vir reën,” sê André Jooste.

Lafenis

’n Verfrissende verligting ná ’n snikhete dag. “Ek het oneindige ontsag vir die mag van die natuur,” sê Aniki Joseph van Die Wilgers, Pretoria. “Die donderwolke wat so grommend aanrol oor die hoogste boomtoppe, be­tower my baie.”

Item nr. 1 een op haar lysie vir ’n gemaklike huisie

“ ’n Swartkopreiermannetjie op pad met boumateriaal vir sy wyfie om nes te bou.” Renier Botha van Ermelo het dié foto by die Petdam geneem.

Hek na boothuis?

Onlangse swaar reën in Steynsrus, soos gesien deur die lens van Willie van Jaarsveld van dié dorp.

Wys jou wêreld en slaan geld los

Wys Beeld wat in jou wêreld aangaan.

Dit kan swak dienslewering wees, iemand wat ’n verskil in jou gemeenskap maak, protesoptogte, goeie nuus of enigiets wat jou wêreld uitbeeld.

Stuur foto’s na lesersfoto@­beeld.com.

Foto’s moet groter as 1 MB wees en in ’n jpeg-formaat gestuur word. Elke maand is daar ’n kontantprys van R1 000 vir die wenner en R250 elk vir twee naaswenners. Gee ons ’n kort beskrywing van waar die foto geneem is en die storie agter die foto.

Verskaf ook die fotograaf se volle naam en besonderhede. Die volledige reëls verskyn op Beeld se Facebook-blad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.