Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
FOTO'S: Stylvol en gemasker op matriekafskeid

’n Masker wat by jou rok of pak pas.

Dit was die orde van die dag vir vanjaar se matrikulante wat reeds hul matriekafskeid gehad het.

Hoewel vanjaar se matriekafskeid vreemd kon gevoel het weens die Covid-19-pandemie het die matrieks steeds stylvolle uitrustings gedra.

Netwerk24 het met Helpmekaar-kollege in Johannesburg en HTS John Vorster in Pretoria gepraat om te hoor hoe vanjaar se matriekafskeid anders was en hoe hulle by die regulasies gehou het.

HTS John Vorster het Donderdagaand ’n eiesoortige matriek-deurry-fees vir sy matrikulante gehou.

Karla Jonker (18) van Helpmekaar-kollege het uitgesien na die matriekafskeid.

Esra Olwage, adjunkhoof van akademie en die matriekafskeid van die skool, sê Covid-19 het hulle gedwing om buite die boks te dink. Dit is waarom die skool besluit het om ’n deurry-fees te hou.

Matrikulante het die aand met spoggerige voertuie aangekom met van GT500 Mustangs, Lamborghini’s, Porsches, Audi R8’s tot klassieke Vollas en selfs ’n Unimog.

Matrikulante het met spoggerige voertuie by HTS John Vorster se deurry-fees opgedaag.

By die skool se hoofhek het hulle deur ’n skouspelagtige liggiepad gery waar personeel van die skool hulle ingewag het met sprokiesland-uitrustings. Uit hul voertuie kon hulle die stad se liggies bewonder terwyl hulle stadig opry teen die bergpad en unieke foto’s neem. Hulle is later met ’n melkskommel in die hand huis toe.

HTS John Vorster het ’n deurry-fees vir sy matrikulante gehou.

Oor dié onvergeetlike aand sê Olwage “dit sal een van die ongelooflikste herinneringe in my 27 jaar by HTS John Vorster wees, ’n aand waar personeel en leerlinge kon ontspan, stil raak voor God se skepping en besef hoe belangrik die klein dingetjies in die lewe werklik is. Elke dankie van my JV-skoolkinders vir dié een glansgeleentheid in ’n donker jaar, sal ’n kleinood in my onderwysloopbaan bly.”

Matrikulante van HTS John Vorster se mooi uitsig tydens die deurry-fees.

Helpmekaar het ook ’n spoggerige aand op sy terrein gehou met feetjieliggies en musiek wat ’n asemrowende atmosfeer geskep het. Daar was ’n rooi tapyt wat tot by die swembad gelei het.

Die rooi tapyt tot by die swembad van Helpmekaar-kollege tydens die matriekafskeid.

Klaus König, skoolhoof, sê streng protokol is op 3 Oktober met die matriekafskeid gevolg. Om ’n gesonde afstand te handhaaf moes leerlinge hul maskers aanhou en net 250 mense is by die onthaal toegelaat.

Zack van Zyl en sy metgesel, Jenna Beukes.

Zack van Zyl, die hoofseun, sê die aand was vir hom onbeskryflik. “Dit was regtig amazing en mooi versier. Daar het liggies van die dak af gehang. Almal was uitgehonger vir ’n sosiale byeenkoms. Ek het glad nie gedink dit gaan vanjaar gebeur nie en die skool het by die regulasies gehou.”

Karla Jonker, hoofmeisie, sê sy het vroeg vanjaar beplan hoe haar rok gaan lyk. “Ek het baie lank daarna uitgesien.” Sy sê die matriekafskeid het anders gevoel, maar dit was steeds lekker.

Dionne Viljoen en haar metgesel, Wiehann Theron, daag op by Helpmekaar-kollege se matriekafskeid.
Meer oor:  Matriekafskeid  |  Masker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.