Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Fourways gee vir kleuters in Diepsloot Paasfees

Een persoon kan ’n verskil maak, maar dit maak die wêreld se verskil as 20 mense saamwerk om vir ’n groep kleuters ’n Paasfees te gee.

Só skryf Daniella Richardson op die Facebook-groep I Love Fourways.

Sophie Mlambo het twee weke gelede op dié groep gevra dat mense Paaseiers vir die 14 kleuters by Sophie’s Day Care Haven in Diepsloot skenk.

Sophie Mlambo saam met Daniella Richardson (regs) en haar ma, Ildiko Richardson.Foto: FACEBOOK
Die kleuters het elkeen ’n geskenkpak gevul met Paaseiers ontvang.

“Ek wil hê die kinders moet Paasfees, veral die pretdeel daarvan, ervaar,” skryf Mlambo.

“In ruil daarvoor sal ek jou huis skoonmaak.”

Richardson was só aangedaan oor die aanbod dat sy die gemeenskap bymekaargekry het om ’n partytjie vir die kleuters te reël. “Nie net kon ons vir die kinders ’n fantastiese Paasfees gee nie, maar baie mense het ook ander goed soos komberse aan die crèche geskenk,” skryf Richardson.

Sommiges het ook aangebied om Mlambo se vaardighede te ontwikkel sodat sy dié kennis op kinderonderrig kan toepas.

“Dít is wat dit vir my beteken om ’n Suid-Afrikaner te wees. Deur die moeilike tye kan ons steeds bymekaarkom en mekaar ondersteun,” skryf Richardson.

Die inskrywing het baie goeie terugvoering gekry en ’n paar Facebook-gebruikers het aangebied om die crèche met ander behoeftes en begeertes te help.

Mlambo vra ook dat vrywilligers die kinders kom toespreek en hulle vermaak. Jy kan vir haar ’n inboksboodskap op Facebook stuur.

Die kleuters het selfs ’n Paaskoek en kolwyntjies geniet.
Meer oor:  Kleuter  |  Paasfees  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.