Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Franse Jan-restaurant kry ’n kleinboet in die Kalahari

Jan Hendrik van der Westhuizen, Suid-Afrikaanse wêreldbekende sjef, gaan ’n kleinboet van Jan, sy ’n Michelin-ster-bekroonde restaurant in Frankryk, in die Tswalu-wildreservaat in die Kalahari oopmaak.

“Klein Jan gaan binnekort sy deure by Tswalu oopmaak. Ek droom al lank daarvan om dié kosstreek, wat ek glo onbegrensde potensiaal het, te ontdek.”

Jan-Hendrik van der Westhuizen open eersdaags sy nuwe restaurant in die Kalahari, Klein Jan. Dié restaurant sal geleë wees in die Tswalu-wildreservaat. Foto: @Tswalu/Instagram

Van der Westhuizen sê op sy blog, janhendrikblog.com, dat hy ’n plaasseun in murg en been is, wat altyd sou terugkeer.

“Tswalu is ’n ongetemde en onaangeraakte oase wat die eenvoudige en outentieke skoonheid van dié magiese streek vier,” sê hy.

Tswalu Kalahari, wat aan die Oppenheimer-familie behoort, is volgens sy webwerf Suid-Afrika se grootste private wildreservaat, wat meer as 110 000 ha beslaan. Die reservaat het net slaapplek vir 30 mense wat die diverse wildlewe in die droë en vreedsame savannavlaktes tussen grasvelde en berge kan beleef.

“Ek het ’n globale ooreenkoms met Nicky en Jonathan Oppenheimer aangegaan met wie ek ’n gedeelde visie en passie het vir alles wat Suid-Afrikaans is – die kos, mense, kultuur en kuns. Ons pak saam dié ongelooflike projek aan wat die onontdekte kos van die grote Kalahari vier,” sê Van der Westhuizen.

“Ons waardes is om die plaaslike outentieke erfenis en volhoubaarheid van die omgewing te gebruik om Klein Jan die streek se kosmiddelpunt te maak. Ek gebruik die Kalahari se unieke bestanddele om wêreldklaskos van te maak. Ek het altyd geweet ek sal na die bos, kampvure en die oop hemelruim van my geliefde Suid-Afrika terugkeer.”

Van der Westhuizen gaan ook ’n ontwikkelingskombuis in Kaapstad oopmaak waar ’n span sjefs en studente saam gaan werk om Suid-Afrikaanse kos verder te ontwikkel en te vernuwe.

Die span by die Jan Innovation Studio sal hul bevindings met hul kollegas by Jan in Nice, Frankryk, deel.

“Jan Innovation Studio sal ook die tuiste wees van Jan the Journal, my kos-en-lewenstyl-publikasie wat twee keer per jaar verskyn. Daarin deel ek en my span ons idees, passie en nuuskierigheid oor die koswêreld. Dié versamelaarsboek is in Suid-Afrika en Europa beskikbaar.

“Ek is baie opgewonde oor die projekte, veral om dit saam met Nicky en Jonathan Oppenheimer aan te pak. Dit bring my terug na my wortels en die sterre van die Afrika-hemelruim,” sê Van der Westhuizen.

Meer oor:  Restaurant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.