Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Geliefde Kroonstad-onnie sterf ná kankerstryd

’n Geliefde onderwyseres van Kroonstad is ná haar moedige stryd teen kanker oorlede.

Marieta de Jager (61), onderwyseres aan die Kroon Primary School, is op Saterdag 13 Februarie aan kanker oorlede.

Haar troosdiens is op Donderdag 18 Februarie in die NG kerk Kroonstad-Suid gehou, en die diens is deur dr. Hannes Els gelei.

Sy het die afgelope jaar met kanker geworstel en eindelik twee weke voor haar afsterwe baie siek geword.

Marieta de Jager

De Jager, wat in Theunissen grootgeword het, se onderwys­loopbaan het in 1983 aan die Suidrand Volkskool in Kroonstad begin.

Sy word deur haar kollegas as ’n uitstekende wiskunde-leerkrag beskryf. Dié vakgebied was haar passie.

Sy was ook op vele ander terreine betrokke, onder meer as lid van Kroonstad se Cantamus-dorps­koor en die Vrystaat-sangers-streekkoor. Haar deelname aan koorsang het reeds op skool as lid van die Vrystaat-jeugkoor begin.

De Jager was ook by koorfeeste, kunstefeeste, Bybelvasvra-kompetisies en VCSV-bedrywighede betrokke.

Benewens skoolhou, wat sy terdeë geniet het, was dit vir haar lekker om na uitsendings van verskei­e sportsoorte op die televisie te kyk. Sy het ook graag ge­hekel.

Sy sal deur haar familie, vriende, kollegas en leerlinge gemis word.

De Jager word deur haar broer, Coenraad de Jager, en suster, Rina van Zyl, oorleef.

De Jager was ongetroud.

  • Die berig het eers in VrystaatKroon verskyn.
Meer oor:  Kroonstad  |  Oorlede  |  Onderwyser  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.