Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Gemaskerde kuns in die inperkingstyd

Een van Stefan Smit se kunswerke wat aanlyn uitgestal is.
Die inperking het baie kunstenaars in nuwe rigtings gestuur. Dit het gelei tot kuns vol Covid-19-boodskappe, skryf Marzahn Botha.

Muurkuns is onlosmaaklik deel van enige stad se pols. Kyk maar op Instagram onder die hutsmerke #lockdownart of #street­artcities. Groot name soos @banksy of @kobrastreetart gebruik hul kenmerkende styl en aanslag om ’n arsenaal van visuele boodskappe in dié tyd uit te stuur.

Die inperkingstyd in Suid-Afrika het kunstenaars met kannetjie, kwas of pen gedwing om ’n muur of seildoek in hul erf of teen hul informele huisie in ’n kunswerk te omskep. Die beskikbaarheid van ’n muur of selfs die verkryging van spuitkannetjies of verf was vir sommige ’n probleem. Daar was ook tye nie te lank gelede nie waar jy dit nie buite kon waag nie, of die polisie was op jou.

Volgens Alexandre Tilmans, medestigter van Baz-Art, ’n organisasie sonder winsbejag wat openbare ruimtes deur middel van stadskuns transformeer, het die meeste straatkunstenaars die tyd gebruik om hul tegniek en unieke vertolkingsvermoë by die huis te slyp.

“Hulle gebruik ook Instagram-platforms soos @ipaf_festival_sa om ander kunstenaars te motiveer. Dis ook ’n vertoonvenster vir die kunstenaar se eie Covid-19-interpretasies en ervarings.”

Ek het gaan kyk na verskillende kuns­tenaars se blik op die pandemie en wat hulle op ’n muur, doek of ’n digitale skerm vasgevang het.

Mak1one se kunswerk in Ocean View, Kaapstad.
Mak1one besig om sy inperkingskunswerk in Ocean View te voltooi.
@mak1one, graffitikunstenaar en -fasiliteerder van Woodstock

Die legendariese Mak1one, sy span handcantrols360 en Food Jams het in hierdie tyd die voedselnood in Ocean View naby Kommetjie raakgesien en ingetree. Mak1one is ook deel van @capetownlegend, ’n kreatiewe projek wat kunstenaars vereer wat ’n verskil in die gemeenskap maak. Hy en sy span maak nou kos vir dié gemeenskap en help waar hulle kan. “Ek wil die kunsvorm op ’n blywender manier inspan en reik uit na mense.”

In ruil hiervoor het die gemeenskap hom aangemoedig om ’n muur hier te spuitverf. “Die muur gaan oor die land se erfenis. Dit is wat op die wapen staan: ‘!ke e: |xarra ||ke, Diverse People Unite’.”

Vir my is dit meer as ’n muur, dis ’n tool om met mekaar te praat, ’n positiewe blik op die veranderde wêreld te gee en om anders te dink oor ekonomiese en spirituele grense.

Volgens Mak1one behoort die land aan almal en moet ons meer as ooit saamstaan, want niks gaan hierna meer dieselfde wees nie. Hy wil ook hê die mense van Ocean View moet nie net die woorde lees nie, maar die woorde wees. “Straatkuns is die essensie van hip-hop van die 1980’s. Vir my is dit meer as ’n muur, dis ’n tool om met mekaar te praat, ’n positiewe blik op die veranderde wêreld te gee en om anders te dink oor ekonomiese en spirituele grense,” sê Mak1one.

Op die hoek van Canterbury- en Constitutionstraat in Distrik Ses is ’n muurportret deur Mak1One met Mandela se gesig op wat deur baie toeriste besoek en getwiet word.

Adele van Heerden se Homecoming.
@adelevanheerdencreative of Adele van Heerden, kunstenaar en illustreerder van Kaapstad.

Adele was vanaf 1 Januarie tot 16 Maart in Parys by die Cité Internationale des Arts vir ’n kunstenaarsverblyfprogram.

“Ek sou nog tot die einde van die maand bly en ’n uitstalling daar gehou het, maar met Covid-19 moes ek vinnig terugkom voor die grense sou sluit. Ek was toe in selfkwarantyn saam met my man en hond by die huis totdat Suid-Afrika op 27 Maart die inperkingafgekondig het. So, ek het in werklikheid in Desember laas my familie en vriende gesien.”

Sy het ’n manier gevind om in die tyd van selfisolasie met mense van ander lande saam te werk om ’n gedeelde ervaring te skep.

“Ek het sosialemediagebruikers gevra om vir my foto’s van hul lewens gedurende inperkingte stuur wat ek dan illustreer en verf. Dit het my eie eensaamheid gebreek en was die ideale manier om gesprekke te begin en te sien hoe ander mense van ander lande tydens die inperking reageer.”

Die projek Hold Fast is op 29 Mei bekend gestel in die vorm van ’n digitale uitstalling op adelevanheerden.com.

Homecoming is die eerste portret wat sy gemaak het ná haar terugkeer uit Parys. “Ek was net te dankbaar om by die huis, my man en my hond te wees.”

Vir Evening Post het haar vriendin en medekunstenaar Desislava Hristova uit Parys vir haar ’n foto gestuur.

“Sy stap deur Parys gedurende hul tyd van inperking en neem oral foto’s. Ek geniet dit om na die leë stad te kyk en te onthou hoe dit gelyk het toe ek daar was.”

  • Al die kunswerke is te koop via e-pos, en 40% van die wins sal gaan aan ’n plaaslike liefdadigheidsorganisasie wat kos verskaf aan minderbevoorregtes.

@these10fingers van Stefan Smit, visuele kunstenaar en muurskilder van Johannesburg

Stefan Smit het al vele muurskilderye oor die wêreld heen, onder meer in Dubai, Sri Lanka en Denemarke, geverf. Een daarvan was ’n muurpaneel van Virat Kohli, die krieketkaptein van Indië, waarna hy heelwat ander kuns vir die skitterkolwer moes maak.

Stefan het onlangs ook deelgeneem aan die internasionale kunsfees vir straatkuns­tenaars en muurskilders genaamd @ipaf_festival_sa, wat vroeër vanjaar in Soutrivier, Kaapstad, plaasgevind het. Die tema van die fees was digitalisasie en hy het ’n indrukwekkende kleurvolle interpretasie van die digitale en binêre stelsel lewensgroot op ’n muur geverf. Toe kom Covid-19 . . .

Hy sou in Junie na Denver in die Amerikaanse deelstaat Colorado vlieg vir sy uitstalling getiteld Bound.

Ek is steeds op soek na ’n lekker muur om in Johannesburg te verf nadat die inperkings verby is, so enigiemand met so iets, laat my weet!

Die uitstalling sou nie aanvanklik ’n inperkingsfokus gehad het nie, maar het uiteindelik gesentreer op die gevoelens wat ontknoop tydens inperkings en isolasie. “Dit was nie die idee nie, maar het gou in daardie rigting ontwikkel.”

Die uitstalling het uiteindelik op 24 Junie aanlyn plaasgevind.

“Daarna sou ek na Noord-Carolina vlieg om ’n muurskildery vir Kotis Street Art te doen, maar met die inperkings gaan dit nie nou gebeur nie.

“Ek is steeds op soek na ’n lekker muur om in Johannesburg te verf nadat die inperkings verby is, so enigiemand met so iets, laat my weet!”

Besoek stefansmit.co.za vir meer inligting.

Banksy het ’n masker opgesit vir een van sy ou werke in Engeland.
Die Brasiliaan Eduardo Kobra se straatkuns in São Paulo.
Ander graffitikunstenaars, muurskilders of kunstenaars om dop te hou

@jumaarttours, wat graffiti-kunstoere in Woodstock, Soutrivier en Khayelitsha doen. Hy skilder volgende week ’n muur in Khayelitsha en doen sover kospakkie-uitreike in die gemeenskappe.

@tinushorn maak portrette van die foto’s van gesondheidswerkers wat vir hom gestuur word.

@faith47 is seker een van ons bekendste straatkunstenaar-uitvoerprodukte. Sy het op Moedersdag ’n mooi foto van haar straatkuns uitgestal.

Gaan kyk ook na @falko1graffiti met sy bekende gekleurde olifante; @ipaf_festival_sa; @Jakesmbele; @shinji_akhirah; @prefix66; en @saffariluke.

Meer oor:  Kuns  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.