Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Gemeenskap staan saam nadat afrigter siek word

Inwoners van Melkbosstrand het saamgespan om ’n plaaslike egpaar finansieel by te staan nadat die man breinvliesontsteking gehad het en hulle nie die mediese onkoste en nasorg heeltemal kon dek nie.

Tina Serfontein (32) sê sy was verstom dat mense hul beursies oopgemaak het vir haar en haar man, Nicky. Hy is die eienaar van Splashing Stars, wat swemlesse aan kinders in en om Melkbosstrand aanbied.

Nicky moes sy onderneming sluit weens die regulasies rondom Covid-19 en die egpaar het finansieel begin sukkel.

Tina het in Desember haar werk as ’n digitale bemarker verloor en was tot einde Mei werkloos.

Mense het verskeie geleenthede gereël om vir hulle geld in te samel.

Hul lewens het verander toe sy Nicky nie op Vadersdag kon wakker kry nie.

Toe hy uiteindelik sy oë oopmaak, het hy so oor sy woorde geval dat sy nie kop of stert kon uitmaak van wat hy sê nie.

“Ek het eers gedink hy het Covid-19,” sê Nicky. “Maar toe ons op 20 Junie hospitaal toe is, het hy begin opgooi ook.

“Ek onthou hoe ek daar by die Blaauwberg-hospitaal aangekom en geskree het: ‘Vat my man, vat my man!’ ”

Nicky was sowat 19 dae in die waakeenheid.

Hy het twee lumbale punksies ondergaan, asook ’n rekenaartomografie (CT)-skandering en ’n magnetieseresonansie-beelding (MRI).

Nicky is ook met antibiotika behandel.

Aanvanklik het dit gelyk asof niks help nie.

“Ek onthou die neuroloog het my eendag gebel en gesê hulle het al die moontlike gedoen om Nicky te help, maar hulle weet nie meer wat om te doen nie.

“Hulle moes hom selfs vir ’n paar dae in ’n geïnduseerde koma sit, want hy was baie onrustig,” sê Tina.

Sy sê die groot hoeveelheid medisyne wat hy geneem het, het ook tot nierversaking gelei.

“Toe hy in die koma was en die nierversaking intree, het ek begin twyfel,” sê Tina.

Nicky het egter danksy die medisyne begin verbeter. Hy is verlede week Maandag ontslaan.

Nicky sê hy was “bang. Ek het geveg om my lewe.”

Hy is steeds ’n bietjie swak en kry gereeld fisioterapie.

Tina sê dis die Here se genade wat hulle deurgedra het.

“As dinge donker gelyk het, het ek altyd vir myself gesê, ‘môre sal die son weer skyn’,” sê Tina.

Die egpaar is dankbaar vir al die hulp wat hulle gekry het.

Meer oor:  Melkbosstrand  |  Siek  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.