Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Gestremde student takel bul(te) by die horings
Samantha Stander by die eindstreep van die The Grind-wedloop. Foto: Red Photography

“Die enigste gestremdheid is ’n slegte houding,” sê Samantha Stander, ’n mediese student in haar tweede jaar aan die Universiteit Stellenbosch.

Stander is gebore met displasie in albei haar heupe. Dokters het gesê sy sal nooit kan loop nie, maar vandag takel sy hindernisbaanwedlope en draf graag 5 km-roetes.

“Ek is altyd gespot op skool. Kinders het nie verstaan waarom ek snaaks loop nie.

“Ek sukkel nou nog om trappe te klim, maar op universiteit het die studente meer begrip vir my toestand,” sê sy.

Stander het in 2015 besluit om 15 verskillende wedlope aan te pak om haarself uit te daag. Dit het begin met ’n 5 km-pretstap totdat sy genoeg spiere kon opbou vir hardloop.

“Ek het ook al meer as 40 kg se gewig verloor, net omdat ek besluit het om uit my gemaksone te kom.”

Vir 2016 beplan sy om dubbel soveel wedlope aan te pak.

Stander het Saterdag aan haar eerste hindernisbaan-wedloop, The Grind, deelgeneem, waarin deelnemers hardloop, swem, spring en klim.

Ondanks ’n emosionele begin en oomblikke van twyfel, het Stander The Grind voltooi met die hulp van die bekende hindernisbaanatleet Dominique D’Oliveira.

“Mense moet net daai leap of faith vat en genoeg in hulself glo om te doen wat niemand geglo het hulle kan doen nie,” het Stander gesê.

Meer oor:  Sport  |  Maties  |  Studente  |  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.