Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Gr. 1-klas dra elk oogklap sodat maatjies nie alleen voel

’n Groep haasbekkies van ’n laerskool in Bloemfontein dra elk ’n oogklap in die klas uit omgee vir twee van hul maats wat aan ’n oogkwaal ly.

Juffrou Maudé Roeloffze van die gr. 1C’s by die Laerskool Willem Postma sê ambliopie, of sogenaamde “lazy eye”, is onlangs by twee van die leerlinge, Johan Swart en Rohan Oosthuizen, gediagnoseer.

Johan Swart en Rohan Oosthuizen is elk met ambliopie, of “lazy eye”, gediagnoseer en moet ’n oogklap dra om die swakker oog “fiks” te kry. Die res van die klas, insluitende die juffrou, ondersteun hulle deur ook oogklappe te dra. Foto: Mlungisi Louw
Johan Swart en Rohan Oosthuizen dra saam met die res van die klas ’n oogklap as behandeling vir ’n oogkwaal. Foto: Mlungisi Louw

Die twee seuntjies moet elk daagliks ’n oogklap vir ’n aantal ure “tot eerste pouse” dra om die swak oog te versterk omdat dit harder as gewoonlik moet werk.

Die res van die klassie, insluitende Roeloffze, dra dan ook elkeen ’n oogklap sodat die twee seuntjies nie alleen moet voel nie.

Sy het op ’n WhatsApp-groep aan die ouers voorgestel dat almal ’n oogklap dra.

“Soos wat hulle teruggaan vir hul opvolgbesoeke sal die dokter bepaal of die vordering goed genoeg is.”

Rohan sê “dit is lekker dat al die maatjies ook oogklappe dra”.

Klein Zelri Wentzel sê die oog wat alleen moes werk, het baie moeg geraak en ná ’n ruk wou dit nie meer saamwerk nie.

Wilhandi Meyer sê hoewel dit ongemaklik is om die oogklap te dra, voel dit “baie oulik” om haar klasmaats op dié manier te ondersteun.

“Dit pla ’n bietjie as ek my werk moet doen. Ek sien minder.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.