Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Graça Machel, Belinda Gates praat saam oor vroue

Oudpres. Nelson Mandela se weduwee, Graça Machel, en die Amerikaanse filantroop Melinda Gates hou vandeesweek ’n webinaar oor die impak van die Covid-19-pandemie op vroue en kinders.

Machel en Gates sal Donderdag om 18:30 op Africa.com praat.

Luidens ’n verklaring sal hulle ’n beroep doen op leiers in die openbare en private sektor om tot aksie oor te gaan wat betref die kwessies wat vroue in die gesig staar.

Graça Machel en Melinda Gates sal Donderdag om 18:30 op Africa.com praat. Foto: Facebook/ Graça Machel Trust

Die gesprek sal deur Teresa Clarke, hoof van Africa.com, gemodereer word en mense kan hiervoor gratis by virtualconferenceafrica.com registreer.

Covid-19 het die enorme ongelykhede in die samelewing opgedelf en die unieke laste van vroue oor die wêreld heen aan die lig gebring, sê die verklaring.

Machel is die stigter van die Graça Machel-stigting en Gates medevoorsitter van die Bill en Melinda Gates-stigting.

Volgens die verklaring publiseer Gates ’n studie oor die impak van die koronaviruspandemie op vroue en kinders, wat onder meer voorstelle bevat wat betref beleid wat regerings vir hul optrede teen die virus kan oorweeg. Dit handel ook oor die ontwerp van meer inklusiewe ekonomiese beleide, die insameling van beter data en die prioritisering van vroue se leierskap.

Meer oor:  Graça Machel  |  Koronavirus  |  Vroue  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.