Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Groot oomblik’ vir Mej. Planeet saam met Sonja Herholdt

Dit was vir haar ’n groot oomblik toe sy Saterdag die verhoog met die sangeres Sonja Herholdt gedeel het om vroue te inspireer.

Sonja Herholdt en Monique Best Saterdag in George.

So vertel Monique Best (19), Mej. Planeet 2019, wat Saterdag saam met Herholdt (66) by ’n damesoggend ten bate van die Tuinroete-Dierebeskermingsvereniging (DBV) in George in die Suid-Kaap opgetree het.

Herholdt het onder meer van haar treffers gesing en gepraat oor “Life is lived forward and understood backwards”, wat handel oor haar ervarings en lesse oor vrouwees.

Best sê dit was ’n eer om die verhoog met Herhold te deel.

“Sy is ’n ware ikoon.”

Best het aan die vroue vertel van al die struikelblokke wat sy moes oorkom voor haar kroning as Mej. Planeet 2019 in Kambodja op 1 Maart vanjaar.

“ ’n Mens moet nooit bang wees vir verandering nie,” sê sy.

“Jy kan dalk iets goeds verloor in die proses, maar iets soveel beters bykry.”

Best en Herholdt was drie jaar gelede in Augustus 2016 ook saam op ’n verhoog toe Best as Mej. Junior George-skou gekroon is.

“Sonja was toe die seremoniemeester van die geleentheid,” sê sy.

Best, wat ook Mej. Junior Tiener Suid-Afrika 2017 was, is soos Demi-Leigh Nel-Peters, voormalige Mej. Heelal, ’n oudleerling van die Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) in George.

Best het Sondag lentedag in haar tuisdorp, George, gevier voordat sy binnekort na die buiteland vertrek as Mej. Planeet om mense bewus te maak van kwessies soos besoedeling en klimaatsverandering.

Monique Best op lentedag in George.

Meer oor:  Dbv  |  George  |  Geldinsameling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.