Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
#HardloopVirHoop begin in Vrystaat

Die eerste kilometers in Bennie Roux se bewusmakingsveldtog vir die slagoffers van plaasaanvalle is Dinsdag in die Vrystaat gehardloop.

Die ultramarathonalteet Bennie Roux, in die middel agter met ’n swart pet, het by die Hoërskool Wilgerivier ’n muntlegging gedoen om geld vir AfriForum se traumasentrum in te samel. By hom is leerlinge en personeel van die skool.

Roux, ’n ultramarathon-atleet, het uit Villiers weggespring en 42 km op ’n grondpad na Frankfort afgelê.

’n Groep atlete het saam met Roux gehardloop om hom in sy #HardloopVirHoop-veldtog te ondersteun.

Roux het ’n muntlegging by die Hoërskool Wilgerivier op Frankfort gedoen.

Hy samel ook geld in ten bate van AfriForum se trauma-ondersteuningseenheid om geweldslagoffers – veral slagoffers van plaasaanvalle en moorde – te ondersteun.

“Die pyn en hartseer wat met plaasmoorde gepaard gaan, het vir my ’n werklikheid geword toe mense na aan my slagoffers van hierdie gruweldaad geword het,” sê Roux.

Hy sê die slagoffers wat ná só ’n treurspel agterbly, is vir hom ’n saak wat hom na aan die hart lê. Hy glo bewusmaking is die enigste manier om die aandag op plaasaanvalle te vestig en so die regering te dwing om boere beter te beskerm.

“Ek hoop om met hierdie projek ’n verskil in slagoffers se lewe te maak,” sê Roux.

Johan Kloppers van AfriForum vra dat lede en ondersteuners van die organisasie Roux ruim per kilometer sal borg of ander skenkings doen om slagoffers te ondersteun. Hoe meer geld ingesamel word, hoe meer kan slagoffers gehelp word, sê Kloppers.

Die pyn en hartseer wat met plaasmoorde gepaard gaan, het vir my ’n werklikheid geword toe mense na aan my slagoffers van hierdie gruweldaad geword het.

Roux sal Woensdag uit Frankfort na Reitz hardloop waar ’n muntlegging by die Hoërskool Reitz gehou word.

Donderdag hardloop hy van Reitz af na Bethlehem waar hy ’n muntlegging by die Christen-sentrum op Bethlehem sal hou.

Vrydag spring Roux by Lavender Hill op die N5 weg en hardloop na Fouriesburg. ’n Poeierverfpretloop (colour run) vind om 12:00 by die Intermediêre Skool Fouriesburg plaas.

Die veldtog word Saterdag by die Roosfees op die Oranje-gasteplaas afgesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.