Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Helder, vrolik, vol kleur: Wen met ’n foto van jou wêreld

’n Keur van lesersfoto’s gaan tot November in Beeld en op sy digitale platforms gepubliseer word.

Elke maand wys ’n paneel van Beeld-redaksielede ’n wenner en twee naaswenners aan.

Lesers kan tot 28 November inskryf. Vergewis jouself van die maandelikse datums en spertye, en begin te kiek.

Wat kan ek afneem?

Ons is veral op soek na foto’s wat aktuele kwessies, nuuswaardige gebeurtenisse en die lewe van ons lesers uitbeeld. Krea­tiewe vindingrykheid en relevansie tot die aktuele “My Wêreld”-tema geniet voorkeur bo tegniese vaardigheid.

Wie mag inskryf?

Die fotokompetisie is oop vir amateurfotograwe. Dit beteken dat as jy jou inkomste hoofsaaklik deur fotografie verdien, jy nie aan die kompetisie mag deelneem nie. Kinders onder 18 mag deelneem met die toestemming van hul ouers of voog. Maandelikse finaliste mag nie weer inskryf nie, maar naaswenners wel. Foto’s wat voorheen in Beeld en ander publikasies verskyn het, mag nie weer ingeskryf word nie.

Wat kan jy wen?

Die hoofprys is twee nagte vir vier mense by Morukuru Owner’s House in Madikwe van R85 000. Elke maand word ’n finalis en maandwenner en twee naaswenners gekies, wat onderskeidelik R1 000 en R250 wen.

Die maandelikse wenners kom in aanmerking vir die groot prys, wat in Desember aangekondig word.

Hoe skryf ek in?

Stuur jou inskrywings per e-pos na lesersfoto­@beeld.com. Die foto’s moet in .jpeg-formaat en groter as 1 MB wees. Sit “Morukuru-My Wêreld” in die onderwerpveld. Sê asseblief waar en wanneer jy die foto geneem het. As daar mense op die foto is, verskaf hul naam en van. Moenie vergeet om jou naam, adres en telefoonnommers met elke inskrywing saam te stuur nie. As jy ’n Instagram-rekening het, heg dit ook aan. Foto’s wat nie aan die riglyne voldoen nie, word gediskwalifiseer.

Die beslissing van die redakteur van Beeld oor enige kwessie ten opsigte van die spel en pryse is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Hoeveel foto’s mag ek instuur?

Jy mag vyf foto’s per maand inskryf, maar ’n foto mag net een keer ingeskryf word. As jy dus ’n foto vir Julie ingeskryf het, mag jy dit nie weer vir Augustus aanbied nie.

Van die beste foto’s word in Beeld en op sy sosialemedianetwerke, soos Facebook en Instagram, geplaas.

Wie besluit watter foto wen?

Die paneel van beoordelaars is die inhoudsredakteur en leefstylredakteur van Beeld en ’n Netwerk24-fotograaf.

Belangrike datums

  • Augustus: Spertyd: 23 Augustus; aankondiging van finalis: 28 Augustus;
  • September: Spertyd: 20 September; aankondiging van finalis: 25 September;
  • Oktober: Spertyd: 23 Oktober; aankondiging van finalis: 30 Oktober;
  • November: Spertyd: 28 November; aankondiging van finalis: 3 Desember; en
  • Die algehele wenner word op 17 Desember 2021 aangekondig.

Klein geluk
“Soms is dit die klein dingetjies in die lewe wat ons ’n oomblik laat stilstaan en besef wat genade is,” sê Tharien Pienaar. Dié foto is in die tuin van Jasmyn naby Hartbeespoort geneem. Foto: Tharien Pienaar

Vrolike kappertjie
’n Kappertjie. “Sommer net helder, kleurryk en vrolik,” sê Johan Ayres van Germiston. Foto: Johan Ayres

Mooier as somer
Thinus de Wet het in Mei herfsblare van die moerbeiboom op sy erf in die Strubenkop-veiligheidsbuurt in Pretoria afgeneem. “Dit is nog mooier as die mooi somerblare van moerbeibome.” Foto: Thinus de Wet

Tuis in die Goudstad
“Hier in Johannesburg kan ons ook mooi struike hê,” sê Japie le Roux. “Ons het twee groot bome op die erf en twee witstinkhoute op die sy­paadjie voor die huis. Daar is ’n voëlbad en dié lok baie voëls.” Foto: Japie le Roux

Driedubbele blommeprag
’n Driedubbele strelitzia. Dié foto kom van Donald Forbes. Foto: Donald Forbes

Sonskyn-soet
Santie Rindel het dié foto in ’n buurman se tuin in November 2020 in Durban geneem. Foto: Santie Rindel

Lafenis vir die siel
Johannes Kroep van Kriel noem dié foto “Jurassic Park”. “Ek het hierdie foto laat in die middag op die oewer van die St. Lucia-meer in die noorde van KwaZulu-Natal geneem. ’n Deel van dié meer kan op die agtergrond gesien word.” Foto: Johannes Kroep

Towerlandskap
“Ek en my vrou het in Februarie verlede jaar ’n toer van ses weke deur Namibië onderneem,” sê Chris Grobler. “Ons het een aand by !Garas Park by Keetmanshoop kamp opgeslaan. Teen sonsondergang het ons die koker­bome van naderby bekyk en foto’s geneem.” Foto: Chris Grobler

Meer oor:  Kompetisie  |  Fotokompetisie  |  Lesersfoto  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.