Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Help brei aan groot Springbok-kombers
Die Massiewe Mandela-meesterstuk. Foto: Deaan Vivier

’n Groep breiers van Suid-Afrika se poging om die grootste Springbok-kombers te brei en ’n wêreldrekord te verbeter, vorder goed.

Die groep, bekend as die Knit Wits, staan onder leiding van Caroline Steyn, stigter van die liefdadigheidsorganisasie 67 komberse vir Madiba, en Jaco Lötter, haar assistent.

Meer as 2 700 komberse word benodig vir die projek, in spesifieke kleurkodes en elk van ’n grootte van 160 cm x 160 cm.

Steyn het Saterdag ’n video oor die projek op die Facebook-groep 67 Blankets for Nelson Mandela Day geplaas waarin gesê is hul mikpunt is om die kombers in Junie klaar te hê. Alles saam sal die grootte van ’n rugbyveld wees.

Die patroon van die yslike Springbok-kombers. Foto: Verskaf

“As julle nog nie begin het nie, begin asseblief,” het Steyn die breiers (bestaande en nuwes) aangemoedig. “Die afsnytyd is 31 Maart.”

Sy het mense ook gevra om gewone komberse te maak wat in die winter aan mense gegee kan word, sodat hulle hul mandaat kan vervul “om mense gedurende die wintermaande warm te hou”.

Mense moet egter die projek se ambassadeurs teen komende Vrydag laat weet hoeveel komberse aan die kom is, sodat Lötter die getalle bymekaar kan begin sit.

Die beweging is vanjaar sewe jaar oud.

Die groep het ook vantevore die grootste Mandela-portretkombers in die wêreld gebrei. Die komberse wat almal saam die gesig van oudpres. Nelson Mandela vorm, beslaan 7 000 vierkante meter en is ’n mosaïek wat saamgevoeg is uit meer as 4 000 komberse van verskillende kleure.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.