Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Help Hyde Park om 50ste te vier

Hyde Park Corner vier vanjaar sy 50ste verjaarsdag met die tema 50 & Fabulous en die vieringe gaan groot partytjies en pryse insluit gedurende November. Hyde Park Corner staan nie verniet bekend as die heel eerste volwaardige winkelsentrum in Suid-Afrika nie en het reeds in November 1969 oopgemaak.

Die sentrum het intussen gegroei en naam gemaak as ’n gesofistikeerde inkopiesentrum vir die plaaslike gemeenskap. Met 150 winkels wat wissel tussen toprestaurante, salonne en die tuiste vir verskeie luukse handelsmerke, is Hyde Park Corner ’n gewilde trekpleister vir toeriste en die plaaslike gemeenskap.

Om hul verjaardag behoorlik te vier, gee hulle hierdie maand R250 000 weg en een gelukkige besoeker kan R50 000 per week wen. Om te kwalifiseer moet jy ten minste R500 in die sentrum spandeer.

Op Woensdag 6 November is daar boonop ’n spesiale byeenkoms waar die Kersboom se liggies aangeskakel gaan word.

Om die gees van Kersfees te vier, word besoekers genooi om ou musiekinstrumente saam te bring en vir minderbevoorregte skole te skenk.

WEN

Ses gelukkige lesers kan elk ’n R500-geskenkbewys van Hyde Park Corner wen. Stuur jou besonderhede na vrydag@media24.com met Hyde Park 50 in die onderwerpveld. Die sluitingsdatum is Maandag 4 November om 12:00.

Vir meer inligting oor wat dié maand by Hyde Park Corner gebeur, besoek www.hydeparkcorner.co.za of @HydeParkC op Facebook of @HPCHydePark op Twitter.

Meer oor:  Hyde Park  |  Verjaarsdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.