Wanneer ’n bruid se foto in die koerant verskyn, kan lesers vir hul gunsteling-bruid op een van drie maniere stem.
Proses 1 (elke SMS tel een punt)
SMS jou gunsteling-bruid se naam en van, jou naam en van, waar jy woon en e-posadres na 35986.
Begin jou SMS met die woord “Bruide” en dan die bruid waarvoor jy wil stem, se naam en van.
Die SMS-lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto’s in die koerant verskyn het. Die lyn sluit om 12:00. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.
’n SMS-voorbeeld:
Bruide, Sannie Smit. Tanya Kleynhans, Auckland Park, tanya.kleynhans@media24.com.
Proses 2 (elke stem tel vyf punte)
Ekstra koerante kan op Maandae ná die publisering van ’n bruid se foto’s op ’n Saterdag by Tanya Kleynhans gekoop word (stuur e-pos na tanya.kleynhans@media24.com vir meer inligting hieroor).
Proses 3 (elke stem tel vyf punte)
Knip jou gunsteling-bruid se foto uit (slegs oorspronklike foto’s word aanvaar), plak dit agterop ’n koevert saam met jou naam, adres en telefoonnommer en stuur dit na: Bruid van die Jaar, MediaPark, Kingsway 69, Auckland Park 2006. Stemme kan ook by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word, of gekoerier word na:
Ontvangs, MediaPark, Kingsway 69, Auckland Park 2006.
Die sperdatum vir elke week se bruide is die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto’s in die koerant verskyn het.
Alle stemme moet ons teen 12:00 op die sperdatum bereik om in aanmerking geneem te word.
Dit bly die persoon wat stem se verantwoordelikheid om stemme betyds in te dien en Beeld aanvaar geen verantwoordelikheid vir laat stemme nie. Laat stemme sal nie in aanmerking geneem word nie. Dieselfde prosedure geld bruide wat buite Beeld se verspreidingsgebied woon en wil deelneem. Die bruid met die meeste punte aan die einde van die maand sal as die wenner vir daardie maand aangewys word.