Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Hier leef maats hul passie vir diere uit

’n Oud-inwoner van Riebeeckstad en haar beste vriendin het besluit om hul passie vir diere in die Goudveld uit te leef en hul loopbaan hier voort te sit.

Marna Snyman (28) het in Riebeeckstad grootgeword en in 2010 aan die Goudveld-Hoërskool gematrikuleer.

“Ek is baie lief vir diere en wou nog altyd ’n veearts word,” sê Snyman.

Sy het haar BSc Agric in veekunde en BVSc-graad aan die Universiteit van Pretoria voltooi, en haar vakgebied is produksiediere en hoenders.

Mardi Nel (28) en Marna Snyman (28) het hulle as veeartse in Welkom gevestig. Foto: Verskaf

Snyman werk nou by die OVS-dierekliniek.

“Benewens veeartseny hou ek daarvan om buite aktief te wees. Ek geniet veldwedlope en hou daarvan om te roei, te stap en perd te ry,” sê Snyman.

Hoewel Mardi Nel (28) nie ’n gebore Goudvelder is nie, het sy besluit om haar ook in Welkom te vestig.

Toe dr. Thys de Vries, ’n plaaslike veearts, Nel ’n betrekking by sy praktyk aanbied, het sy dit as ’n gulde geleentheid gesien om deur ’n goeie veearts geleer te word.

“Ek het van kleins af ’n groot passie vir diere en die natuur gehad. Deur die jare wou ek alles van ’n wildbewaarder tot ’n marienebioloog geword het – enigiets wat met diere te doen het,” sê Nel.

“Op universiteit het ek uiteindelik besef dat ek as ’n veearts die grootste verskil vir diere kan maak.”

Sy geniet haar werk by die Toronto-dierekliniek en vind die ondervinding wat sy hier kry van onskatbare waarde.

Sy het haar Baccalaureus-graad in veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria behaal, en haar vakgebied is wild- en produksiediere.

“Ek bring my vrye tyd graag saam met my kêrel, Jannes van der Westhuizen, my eie diere of ’n goeie boek deur,” sê Nel.

  • Die berig het eers inVistaverskyn.
Meer oor:  Diere  |  Maats  |  Passie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.