Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Hoe ry die graad 12’s sit-sit so?...

Vir party matrieks is die rok en skoene die belangrikste vir die afskeid, terwyl ander meer bekommerd is oor hul antieke kar en skou perd, skryf Kelly Minnie. 

Christelise Viljoen van die Hoërskool Sannieshof.Foto: Tiekie Kotzé

Toe hulle uiteindelik by hul matriekafskeid kon uitkom, het vele matrieks steeds hul droom bewaarheid om die koppe te laat draai met hul aankoms. Nie noodwendig vanweë hul uitrusting nie, maar hul keuse van vervoer.

Christelise Viljoen van die Hoërskool Sannieshof het in Junie begin perdry om van die spanning van hierdie swaar en vreemde matriekjaar ontslae te raak. Sy’t besluit die perd wat haar spanning help verlig het, moes ook deel in haar plesier. Met haar diepblou rok aan het sy op galop ’n paar rondtes gedoen. “Rasta is ’n kruisras en 17 jaar oud. Hy behoort aan Joe en Alet van der Westhuizen van Delareyville. Ek het niks van perdry geweet nie en nou gaan ry ek amper elke dag ’n paar kilometer met hom,” sê Christelise.

Strahan Ackerman van die Hoërskool Randburg se perd, Challenge, was ook deel van sy groot aand. Strahan het reeds in die begin van 2020 besluit op sy tema, wat gegrond was op die gewilde Netflix-reeks Peaky Blinders. In hierdie reeks ry die akteur wat die hoofrol vertolk ’n paar keer op ’n perd. “Challenge is 14 jaar oud en behoort aan my dogter, Celeste Ackerman,” vertel Strahan se ma, Chantel. “Strahan het op die perd aangekom by die afskeid. Dit was omtrent ’n ding om die perd te sien tussen al die duur karre.”

In Bloemfontein het Lené Olwage en Norman Doubell van die Hoërskool President Steyn weer terug in tyd gegaan met ’n antieke motor. Lené se rok was ’n dieprooi tweestuk wat perfek by Norman se rooi fluweelbaadjie gepas het. Die 1953-Citroën Light 15 het hulle gehuur by ’n man wat dit in April 1968 vir R70 as ’n studentemotor gekoop het.

Carina Taljaard en haar metgesel van Grey-kollege in Bloemfontein.
Christiaan Blom en Amica Human van die Hoërskool Randburg. Foto: Tessa Viljoen/Inge Botha
Strahan Ackerman van die Hoërskool Randburg saam met Challenge. Foto: Corrie Barnard Photography
Lené Olwage en Norman Doubell van die Hoërskool President Steyn by die 1953 Citroën Light 15 waarmee hulle matriekafskeid toe is. Foto: Danyke de Beer
Karien Brink van die Hoërskool Randburg se wit rok is met blomme borduur. Foto: Mariette Galjaard
Meer oor:  Matriekafskeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.