Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Hongkong bly gewildste toeristestad

Hongkong is weer aangewys as die gewildste stad ter wêreld met ’n verwagte sowat 30 miljoen toeriste wat dié stad besoek het vanjaar. Meer as die helfte van dié mense kom van die Chinese vasteland.

Die toeriste se gunstelingstede is pas bekend gemaak in Top 100 City Destinations se jongste verslag.

In dié verslag, wat saamgestel word deur Euromonitor International, word gekyk na die getal toeriste wat jaarliks in verskillende stede en lande aandoen.

Bangkok is vanjaar in die tweede plek met ’n verwagte sowat 24 miljoen besoekers wat in die stad gekuier het of nog gaan kuier tot 31 Desember.

Asië bly volgens dié verslag ’n gewilde toeristebestemming met Singapoer, Macau, Kuala Lumpur en Shenzhen wat ook die toptien gehaal het.

Die uitsig oor Hongkong. Foto: Argief

Die Britse hoofstad, Londen, het sy derde plek behou, met net minder as 21 miljoen toeriste wat daar verwag word.

Parys (16,9 miljoen) en Rome (9,7 miljoen) het onderskeidelik die sesde en 15de plek behaal.

Hoewel die Midde-Ooste en Afrika volgens die verslag minder toeriste gelok het, is Dubai in die sewende plek met 16,7 miljoen besoekers.

Stede soos Djerba en Sousse in Tunisië, en Sjarm el-Sjeikh in Egipte, het uitgeval weens die impak van die terroristeaanvalle daar.

Kaïro is weer besig om sy plek as ’n gunstelingstad te verbeter en het die 50ste plek op die lys gehaal.

Associated Press berig Porto in Portugal en Batam in Indonesië is van die stede wat vir die eerste keer die lys gehaal het.

Wouter Geerts, reiskonsultant van Euromonitor International, sê stede in Japan en Indië begin ook opgang maak met hul sterk toename in toeriste.

“Asië groei steeds. Altesame 41 van die 100 gunstelingstede is in Asië."

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.