Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Hoor die magtige dreuning
Verskeie plaaslike en internasionale dansgroepe sal by die Suid-Afrikaanse Taptoe optree.

Meer as 700 plaaslike en internasionale kunstenaars en groepe, oor die 250 tromme en blaasinstrumente – en 95 minute se hoendervel. Dit is wat jy by die Suid-Afrikaanse Taptoe kan verwag, wat vanjaar na Pretoria verskuif nadat dit voorheen reuse-gehore in Johannesburg vermaak het.

Dié multikulturele skouspel van dansers, orkeste, sangers en kore is vroeg in Oktober by Menlyn Maine te sien en is geskoei op die bekende Royal Edinburgh Military Tattoo.

Internasionale groepe soos die OzScot Highland Dancers, The Irish Dancers en verskeie perkussiegroepe sal op die verhoog aansluit by die gewilde sangeres Corlea Botha en verskeie plaaslike militêre groepe.

  • Wanneer: 6 Oktober om 16:00 en 19:00, 7 Oktober om 15:00
  • Waar: Sun Arena, Time Square, Menlyn Maine (Aramistlaan 209, Waterkloof Glen)
  • Kaartjies: Vanaf R198 by Computicket
  • Besoek satattoo.co.za vir meer.
Meer oor:  Pretoria  |  Uitvoering  |  Musiek  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.