Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Hou weer piekniek in die Kaap

Die Tafelberg Nasionale Park het weer van sy piekniekplekke soos Silwermyn en Boulders vir piekniekgangers oopgestel.

Die publiek kan weer op Silwermyn Hek 1, Boulders, Oudekraal en Nuweland se piekniekplekke gaan ontspan as hulle maskers dra en ’n veilige afstand van 1,5 m uit mekaar handhaaf.

Silwermyn:

Hekke is daagliks van 07:00 tot 18:00 oop. Almal moet teen 19:00 uit wees.

Die getal besoekers kan beperk word en die amptenare aan diens mag daaroor besluit.

Slegs mense wat maskers dra, sal toegelaat word.

Die Silwermyn-piekniekplek is weer oop vir piekniekgangers. Foto: Estea du Plessis

Boulders:

Besoekers sal tussen 08:00 en 16:00 toegelaat word.

Daar mag slegs 45 mense op ’n slag op die staproete en 45 mense op die strand wees. En die publiek mag nie met die pikkewyne sukkel nie.

Almal moet maskers dra en ’n veilige afstand van 1,5 m uit mekaar bly.

Nuweland en Oudekraal:

Hoewel dié piekniekplekke op Erfenisdag oopgestel is, sal dit eers weer tot 1 Oktober vir besoekers gesluit word.

In Nuweland sal ’n maksimum van 350 mense toegelaat word en in Oudekraal is die maksimum 250 besoekers.

Ook hier moet almal maskers dra en ’n veilige afstand van 1,5 m uit mekaar handhaaf.

Meer oor:  Nuweland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.