Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Huisvrou word nuwe sikspens

Die 21-jarige Catharina van Zyl is ’n tuisteskepper van Drie Riviere en sy is swanger met hul tweede kind. Hoewel sy jonk is, voel sy soos Rapunzel wat weggesluit is van die samelewing omdat hulle op ’n hoewe buite die dorp bly. Op een van die onlangse Glam Guru-programme op kykNET het Hannon Bothma gemeen ’n moderne voorkoms gaan haar lewe baie meer opwindend maak.

“Selfs al is jy ’n ma, hoef jy nie noodwendig ’n outydse haarstyl te dra nie en Catharina het juis ’n haarstyl nodig wat haar opkikker. Met ’n moderne kort haarstyl kan Catharina net ’n stileerjel deur haar nat hare masseer en die styl met haar vingers droogblaas,” sê Hannon.

Catharina voordat Hannon haar mooigemaak het.
Catharina soos sy deesdae lyk.

Hy sê verder haar gelaatskleur werk die beste met blonde kleurskakerings en daarom het sy baie blonde sonstrepe gekry. Om die sonstrepe meer te laat uitstaan, is die hare tussen die sonstrepe donkerder gekleur.

As gevolg van hormoonveranderinge tydens swangerskap ontwikkel 50% van swanger vroue donker vlekke wat soms soos ’n masker lyk.

Voorkom die vlekke en behandel dit reeds terwyl jy swanger is.

Hannon het ook aanbeveel dat Catharina elke dag ’n goeie sonblok aanwend. Moenie wag tot jou vel tekens wys van pigmentasie voordat jy dit begin doen nie. Saam met die sonblok het hy ’n goeie serum aanbeveel en om rekmerke te voorkom moet sy ’n goeie vitamiene D-olie daagliks aanwend.

Wat Catharina se grimering betref, behoort sy nie haar onderlaag te dik aan te wend nie, selfs al het sy pigmentasievlekkies op haar vel.

“Wend eers ’n vloeibare onderlaag oor die hele gesig aan en daarna kan jy ’n poeieronderlaag aantik.”

Volgens Sunet Vermaak, die stilis, kan ’n swanger vrou belê in drie broeke of rompe en drie bloese of hemde. Maak seker dat elke artikel by die ander drie kledingstukke in jou kas pas en speel met die kombinasies. “Jy kan dan van jou trui­tjies, ’n denimbaadjie of ander bykomstighede byvoeg om te verseker dat jou kleredrag interessant bly,” sê Sunet.

Catharina het ligte hare, ligte oë en ’n baie ligte vel, daarom sal ligter kleure haar baie beter pas.

Meer oor:  Catharina Van Zyl  |  Hannon Bothma  |  Vermaak  |  Glam Guru  |  Oormaaksessie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.