Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
In Mej. Heelal-rok na matriekafskeid

Toe Christine Venter die rok sien wat Demi-Leigh Nel-Peters na verlede jaar se Durban July aangehad het, het sy dadelik geweet dít is haar matriekafskeidrok.

Christine Venter en Michael Cordier gereed vir die Hoërskool Zwartkop se matriekafskeid. Christine se rok is geïnspireer deur die rok wat Demi-Leigh Nel-Peters na verlede jaar se Durban July gedra het.

Sy het die foto van Mej. Heelal in die rok einde verlede jaar op Instagram gesien toe sy idees vir ’n rok begin soek het.

Christine het dadelik verlief geraak op die uitrusting deur Anél Botha, wat bestaan uit ’n kort broekpak met ’n romp.

“Dit is waar ’n matriekmeisie se droom begin het om só ’n rok te dra,” sê Retha Venter, Christine se ma.

Christine, van die Hoërskool Zwartkop in Centurion, het die prentjie vir Annemarie Tiedt van Unique Brides gewys en sy het Christine se droomrok ’n werklikheid gemaak.

“Toe ek die rok die eerste keer aanpas, het ek gestres en gewonder of ek die regte keuse gemaak het,” sê Christine.

“Maar ek was baie tevrede en gelukkig met die eindproduk. Dit is ’n baie gemaklike rok en ek kon die romp-deel afhaal en lekker dans.”

Tiedt sê sy kry gereeld versoeke om rokke van prentjies af te maak. Dit het ’n paar maande geneem om Christine se rok te maak.

“Dit was ’n soektog om die kant in die hande te kry, en op die ou einde het ek twee soorte kant gebruik om die regte effek te kry. Ek probeer altyd om my klant te gee presies waarvoor sy vra.”

Venter sê sy het die dag van Christine se matriekafskeid gebars van trots.

“Sy is soms ’n effense tomboy, maar my kind het mooi gelyk. Hierdie rok het absoluut by haar gepas.

Die matriekafskeid was op 28 September by die Voortrekkermonument.

Christine beplan om volgende jaar BA (Internasionale Studies) aan die Universiteit van Pretoria te studeer. Sy gaan die rok hou en dit dalk na ’n dinee dra of dit uitleen.

Christine Venter en haar metgesel, Michael Cordier.
Christine Venter en Michael Cordier van die Hoërskool Zwartkop.
Die rok wat Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Heelal, na die Durban July aangehad het, was ’n matriekmeisie se droomrok. Foto: Facebook

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.