Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Instruktrise wil meer help om watervrees te oorkom
Zandile Ndhlovu (33), Suid-Afrika se eerste swart vroulike vryduik-instrukteur. Foto: Jacki Bruniquel

’n Vryduik-instruktrise van Muizenberg wil meer mense van kleur in die water sien en mense help om hul watervrees te oorkom.

Zandile Ndhlovu (33), sover bekend Suid-Afrika se eerste swart vroulike vryduik-instrukteur, sê sy het in 2016 op die see verlief geraak.

“Ek is daardie jaar deur diep water en is toe twee weke Bali toe. In die tweede week het iemand in my hotel van ’n snorkel-uitstappie gepraat.”

Hoewel sy nie ’n groot swemmer was nie, het sy haarself daardie dag by die boot aangemeld, reg om te snorkel.

“Toe ek in die water spring, het dit aanvanklik gevoel asof ek verdrink. Ek het vir myself gesê ‘kalmeer’ en toe ek my oë oopmaak en die seelewe sien, was dit die beste gevoel wat ek al ooit gehad het. Ek het geweet hier is ek tuis.”

Sy het daarna begin skubaduik en vryduik gepak, maar opgemerk dat min mense van kleur saam op die see uitgaan.

“Mense van kleur moet ophou dink ‘die see is net vir wit mense’. As ek vir hulle wys wat ek doen, vra hulle gewoonlik hoekom ek ‘witmens’-dinge doen.”

Sy wou graag mense help om meer as net hul tone nat te maak. Daarom het sy The Black Mermaid Foundation in Junie verlede jaar begin en neem sy gereeld kinders van Langa om naweke te gaan snorkel.

Vir haar is dit ’n groot eer om die eerste swart vroulike vryduik-instruktrise te wees.

Zandile Ndhlovu swem saam met dolfyne. Foto: Jacki Bruniquel
Zandile Ndhlovu leer kinders van Langa om hul vrees vir water te oorkom. Foto: Zandile Ndhlovu
Zandile Ndhlovu saam met van die kinders van Langa. Foto: Zandile Ndhlovu
Zandile Ndhlovu Foto: Jacki Bruniquel

“Ek wonder egter wanneer ons gaan ophou met die ‘eerste van iets’. Ons is al in 2021 en ons vier steeds eerstes. Ons moet daarby verbykom sodat alle plekke in die land vir almal toegankliker voel.”

Sy dink mense se vrees vir water kan een van apartheid se nalatenskappe wees omdat mense van kleur net op sekere strande toegelaat is.

“Dit is maar een van die antwoorde wat ek gekry het terwyl ek met sowat 50 ander waterwerkers oor die wêreld heen gepraat het sedert ek betrokke geraak het.”

Sy meen dit is tyd dat almal oor hul vrees kom.

“Die see help jou om dinge te verwerk. Jy sien ongelooflike goed.

“Dis oukei om bang te wees. Soms moet ek selfs mense se hande vashou as ons gaan vryduik. Die belangrikste is dat jy nie bang bly nie,” sê Ndhlovu.

Zandile Ndhlovu het The Black Mermaid Foundation in 2020 gestig om meer toeganklikheid vir alle rasse tot die oseaan te bewerkstellig. Foto: Jacki Bruniquel
Zandile Ndhlovu (33) Foto: Jacki Bruniquel
Zandile Ndhlovu bly in Muizenberg. Foto: Jacki Bruniquel
Zandile Ndhlovu onder die water ‘waar sy tuis voel’. Foto: Jacki Bruniquel
Zandile Ndhlovu swem saam met die robbe. Foto: Janika Alheit

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.