Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Johannesburger betaal R51 000 vir 'n bottel wyn
Die muskaat wat vir R51 000 gekoop is.

Baie mense sou dalk R51 000 aan huisverbeteringe of ’n vakansie bestee, maar nie Gary Kyriacou nie.

Kyriacou, ’n restauranteienaar van Johannesburg, het hierdie bedrag die afgelope Saterdag op ’n 275 ml-bottel Jaubert Family Muscat-soetwyn bestee.

Die wyn is op die afslaer Strauss & Co in Kaapstad se eerste Fine Wine-wynveiling opgeveil, wat in Houghton, Johannesburg, gehou is.

Die vat waaruit die muskaat kom, is reeds sewe generasies in die Joubert-familie van Barrydale se besit en dit is al meer as 200 jaar oud, wat dit die oudste gebottelde wyn in Suid-Afrika maak.

Daar word slegs twee bottels van hierdie wyn per jaar te koop aangebied.

“Ons is baie gelukkig met ons aankope op die veiling. Hierdie wyn is ’n wonderlike toevoeging tot ons versameling van Suid-Afrika se beste wyne,” sê David Higgs, die restaurant se mede-eienaar en sjef, in ’n verklaring.

Frank Kilbourn, hoof van Strauss & Co.Foto: Verskaf

Daar is verskeie mylpale op die veiling behaal, onder meer dat bottels wyn teen ’n gemiddelde bedrag van R1 500 per 750 ml-bottel verkoop is. 78% van die wyn is verkoop en daar is R1,3 miljoen op lotte bestee.

Higgo Jacobs, kurator van die afslaer, sê in die verklaring hulle is tevrede met die resultate en dat die veiling deel is van hul langtermynstrategie om ’n goeie wynhandelplatform te vestig.

’n GS Cabernet 1966 is vir die naashoogste bedrag opgeveil, ’n allemintige R34 140.

Hierdie wyn het aanvanklik begin as ’n eksperiment deur die wynmaker George Spies, en hy het dit aanvanklik slegs as geskenke vir vriende en familie gegee. Dit het egter tot ’n wyn van so ’n hoë gehalte ontwikkel dat dit luidens die verklaring volpunte by die Britse wynkenner Jancis Robinson gekry het.

Daar was ook kategorieë vir moderne wyne en Mvemve Raats de Compostella se 2008-Bordeaux-rooiwyn is teen die hoogste prys per bottel vir R2 845 verkoop.

Meer oor:  Gary Kyriacou  |  Wynveiling  |  Wyn  |  Astronomiese Bedrae
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.