Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Jong musikant se droom kry vlerke

Rethabile (Thabile) Morolong, ’n gr. 8-leerling, se droom om musiek te maak was byna aan skerwe, was dit nie vir ’n paar weldoeners nie.

Dié talentvolle tromspeler het as laerskoolleerling saam met die Cornwall Hill College (CHC) se Skotse orkes gespeel, maar sou sonder hulp nie vanjaar saam met hulle kon bly speel nie omdat hy sy hoërskoolloopbaan in Tembisa begin het.

Mericia Badenhorst (links), by wie Thabile Morolong (regs) en sy ma, Annie (middel), gebly het.Foto: BILLY PALK

Hulp van Jacaranda FM se Good Morning Angels maak dit egter nou vir hom moontlik om sy hoërskoolloopbaan aan CHC voort te sit, waar hy in ’n koshuis tuisgaan en saam met die orkes kan aanhou speel.

“Ek was 11 toe ek die eerste keer ’n doedelsak gehoor het en dit het my belangstelling geprikkel,” sê Thabile.

“Ek het hierna leer tromme speel. Ek is versot op die klank van tromme. Daar is baie uit­dagings aan die instrument, aangesien ’n mens nie die tromme te hard moet slaan nie. Ek het nog baie om van beheer te leer.”

Thabile se ma, Annie, is al jare in die diens van Mericia Badenhorst van Irene. Annie het by Badenhorst aan huis gebly en toe Thabile twee jaar oud was, het hy ook ingetrek.

“Thabile kon nie ophou luister as my dogter saxofoon speel nie,” onthou Badenhorst.

“My seun het in ’n Skotse orkes begin speel en dit was gou Thabile se gunsteling- soort musiek. Hy sou voorgee om tromme te speel as hy gedink het ons kan hom nie sien nie.”

Badenhorst het vir Thabile plek in die Laerskool Irene gekry en sy ma gehelp met allerlei onkoste wat vir sy skoolgaan betaal moes word.

“Thabile was tot so ’n mate meegevoer met die Skotse orkes se musiek dat ek uiteindelik tot sy versoek om musieklesse te kry ingegee het,” sê Badenhorst.

“Hy het toe hy tien was met lesse begin en daar is vir ons gesê hy het baie talent. Met dié het Tab, soos hy in die orkes genoem word, in 2016 saam met die orkes begin speel.”

Thabile kon nie ophou luister as my dogter saxofoon speel nie.

Soos Badenhorst se kinders ouer geword het, kon sy en haar man nie meer met alles byhou nie en moes hulle na ’n kleiner huis trek.

Só kon Thabile en sy ma nie meer by Badenhorst aan huis bly nie. Dis hier waar dit gelyk het of sy droom dalk op ’n einde kan wees, aangesien sy ma hom nie vir die orkes se oefening heen en weer sou kon karwy nie.

Maar dis toe dat Badenhorst met die Good Morning Angels kontak gemaak het en só met die hulp van ’n aantal goedhartige skenkers vir hom ’n plek by CHC in die koshuis met ’n beurs gekry het.

Thabile meen sonder hulp sou sy dae by die orkes getel gewees het.

“As ek nie by CHC skoolgegaan het nie, sou ek altyd soos ’n buitestander gevoel het. Nou het nuwe deure vir my oopgegaan.”

Meer oor:  Musikant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.