Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Jong vlieënier mik hoog

“Om met sweeftuie te vlieg laat my vry voel. Dis ’n heerlik adrenalienbelaaide sportsoort, en op elke vlug leer ek iets nuuts daarvan.”

Só sê die 18-jarige Michael de Nysschen van Kroonstad, wat die afgelope vier jaar aan dié sportsoort deelneem.

Michael is ’n gr. 12-leerling aan die Hoërskool Kroonstad (Blouskool).

Op 16-jarige ouderdom het hy reeds sy sweefvlieglisensie ontvang. Hy is ’n lid van die Kroonstad-sweeftuigklub, wat langs die Welkompad by die Stonehouse-afrit geleë is.

Die Kroonstad-sweeftuigklub se bedrywighede het hervat. Hier vlieg Michael de Nysschen met ’n K7-sweeftuig. Michael, ’n matriekleerling aan die Hoërskool Kroonstad, het reeds op 16 sy sweefvlieglisensie gekry.

Dié klub het nou 25 lede wat – indien die weer dit toelaat – gewoonlik Saterdae en vakansiedae oefen.

Lede moet jaarliks ledegeld aan die Aero-klub van Suid-Afrika en die Sweefvereniging van Suid-Afrika betaal. Dit dek versekering en die koste van opleiding.

Studente ontvang opleiding van verskillende instrukteurs, waarna hulle ’n eksamen moet slaag voordat lisensies uitgereik mag word.

Ontluikende vlieëniers moet gereeld mediese ondersoeke ondergaan.

Elke vlug word aangeteken en vliegriglyne en noodprosedures word gereeld geoefen.

Michael de Nysschen (18) van Kroonstad is ’n vernuftige sweeftuigvlieënier.Foto’s: Verskaf

“Ek hoop om myself as ’n instrukteur te kwalifiseer,” sê Michael.

“Ek wil ook graag my lisensie vir kragvliegtuie en ’n lisensie as private vlieënier bekom.”

Hy is ook ’n kranige tennisspeler en geniet dit om saam met sy gesin op die plaas waar hulle woon met ’n bergfiets rond te rits.

Michael het op 14 November met verskillende van die klub se sweeftuie in die lug baljaar.

Beoefening van dié sportsoort kon eers op vlak 3 van die nasionale inperking hervat word.

Die destydse Kroonstad-vliegklub het in die 1950’s ontstaan en in 1981 is die eerste keer met sweefvliegtuie gevlieg.

Daar is ses instrukteurs wat vir verskillende opleidingsessies verantwoordelik is en tans het hulle vier studente wat leer vlieg.

Verskeie lede van die klub het ’n suksesvolle loopbaan as vlieëniers by groot lugrederye gevolg en ander lede is vlieginstrukteurs.

Om navrae oor die klub se bedrywighede te rig, bel Johan Denner, klubvoorsitter, by 083 278 8677 of André Unwin, instrukteur, by 082 930 2651.

Meer oor:  Kroonstad  |  Sport  |  Vlieënier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.