Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Jong VS-gholfspeler

Op tienjarige ouderdom is Tiaan Botha reeds ’n gesoute gholfspeler met ’n rits eerbewyse agter sy naam. Tiaan is ’n leerling van die Welkom-Volkskool en speel vir die Vrystaat se o.11-gholfspan.

Danksy sy pa, Fanie, is ’n liefde vir dié sportsoort reeds as driejarige by hom gekweek.

“Hy het altyd saam met sy pa gaan gholf speel, en daar het sy liefde vir die sportsoort begin,” sê Berna, sy ma.

Tiaan Botha (10)Foto: Verskaf

Tiaan het in 2019, toe hy o.7 was, in die Omar San­dys-gholftoernooi vir o.11-spelers gewen.

In 2020 het hy die Vrystaat-span gehaal wat in Maart die provinsie by die Mount Edgecombe-gholflandgoed in Durban verteenwoordig het.

Dié toernooi is deur die stigting SA Kids Golf aangebied.

Tiaan probeer om in elke Vrystaatse toernooi te speel.

Hy is ’n veelsydige sportman wat hom reeds in rugby, krieket en atletiek bewys het. Hy hengel ook graag.

  • “Tiaan wil beslis eendag ’n professionele gholfspeler word. Sy held in die gholfwêreld, iemand na wie hy opkyk, is Rory McIlroy,” sê sy ma. Die berig het aanvanklik in Vista verskyn.
Meer oor:  Vrystaat  |  Leerling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.