Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Jou brein sny af, lyf smeek vir nog’

Mense verstaan nie wat dwelms aan jou doen nie.

So sê Bongane Maphiliphili (34), wat aan die herstel van dwelmverslawing is.

Nhlanhla Raluombe en Bongane Maphiliphili (regs) is albei dwelm-verslaafdes wat by die Witpoort-rehabilitasie-sentrum gerehabiliteer word. Foto: Jeanelle Greyling

Maphiliphili herbou tans sy lewe by die Witpoort-rehabilitasiesentrum in Brakpan. Hy het sewe maande laas dwelms misbruik.

“Die eerste keer wat jy dwelms gebruik, sny jou brein af en jy kan nie normaal funksioneer nie. Jou liggaam smeek ook fisies vir meer dwelms,” sê Maphiliphili. “So dis nie asof ons daarvan hou om dwelms te misbruik nie.”

Maphiliphili was Vrydag deel van die inwoners van Brakpan wat teen dwelmmisbruik opgeruk het. Hy sê hy wou kinders teen dwelms waarsku, maar die mense ook help om die verslaafdes te verstaan.

Hy sê ’n rehabilitasiesentrum kan eers tot ’n dwelmverslaafde deurdring nadat hy sewe dae lank gedetoksifiseer is.

Daarna berus dit op die pasiënt om die program by te woon om jouself te help.

“Al die verslaafdes praat byvoorbeeld met mekaar en herstel terselfdertyd.”

Maphiliphili het verlede jaar self om hulp gesoek toe hy besef hy het die allerlaagste punt bereik.

“Die dwelms het my lewe opgeneuk. My familie vertrou my nie meer nie, ek het my meisie verloor en ek het selfs my werk verloor.

“Toe sê ek vir myself genoeg is genoeg. Kom ek soek hulp.”

Hulle het my getoets en besef ek is ’n volslae dwelmverslaafde. Toe verwys hulle my na Witpoort toe.

Hy het ’n maatskaplike werker gaan sien, wat hom aangeraai het om ’n polisiekantoor te besoek en ’n beëdigde verklaring af te lê sodat hy kan bewys hy wil regtig hulp hê.

“Hulle het my getoets en besef ek is ’n volslae dwelmverslaafde. Toe verwys hulle my na Witpoort toe.”

Maphiliphili het 16 jaar lank dwelms misbruik.

Sy ouers se egskeiding in 2002 het hom na dwelmmisbruik gedryf.

“Ek was eensaam en ek het ondersteuning nodig gehad. Toe raak ek met die verkeerde mense vriende en begin dwelms misbruik. Ek het vertroosting in die dwelms gevind.”

Sewe maande later is hy nie net van die dwelms bevry nie, maar hy het ’n kortkursus in basiese rekenaartegnologie voltooi. Maphiliphili gaan boonop volgende maand verder aan die St. An­thony’s-opleidingsentrum in Boksburg studeer.

Meer oor:  Brakpan  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.