Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Jou kind: Meer tyd voor skerm beinvloed nie juis slaap

’n Onlangse studie dui daarop dat kinders wat vir ’n groot deel van die dag na ’n digitale skerm staar, se slaap nie juis daardeur beïnvloed word nie.

Die studie, wat deur die Oxford-Universiteit in Engeland se Internet-instituut gedoen is, het bevind daar is net ’n geringe verskil van ongeveer 30 minute in die kinders se slaap, berig BBC.

’n Onlangse studie dui daarop dat kinders wat vir ’n groot deel van die dag na ’n digitale skerm staar, se slaap nie juis daardeur beïnvloed word nie. Foto: Getty Images

Data wat in ’n 2016-opname oor Amerikaanse kinders se gesondheid versamel is, is vir die studie gebruik.

Sowat 50 000 ouers van elke staat in Amerika, met kinders tussen die ouderdom van ses maande en 17 jaar, het vrae oor hul kinders se weeklikse gebruik van digitale tegnologie en hul slaaproetines beantwoord.

Die studie het bevind dat kinders wat geensins in die dag na ’n digitale skerm gekyk het nie, gemiddeld agt uur en 51 minute geslaap het, terwyl ’n kind wat agt uur van die dag voor ’n skerm deurgebring het, gemiddeld agt uur en 21 minute geslaap het.

Die studie, wat onlangs in die Journal of Pediatrics gepubliseer is, laat nou vrae oor ander studies ontstaan wat die teendeel bevind het, berig The Telegraph.

Met die jongste studie wat bevind het dat elke uur voor ’n digitale skerm net drie tot agt minute se minder slaap beteken, meen navorsers dié verskil is te klein om ’n noemenswaardige ontwrigting in ’n kind se slaappatroon te beteken.

Prof. Andrew Przybylski, outeur van die navorsing, gee toe die data wat vir die studie gebruik is, is nie noodwendig omvattend genoeg nie en dat dit ’n verdere studie verg oor wanneer kinders die digitale toestelle afskakel voordat hulle gaan slaap.

Hy meen ander roetines voor bedtyd kan ook ’n invloed op ’n kind se slaaptyd hê. Hy stel voor ’n vasgestelde tyd om te gaan slaap en gewone slaaproetines kan bydra tot beter slaap by jong mense.

Meer oor:  Kinders  |  Studie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.