Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Moedersdag:
Jou ma is ’n heldin!

’n Ma is ’n superwese. Selfs navorsing bevestig dit. Hier is vyf wetenskaplike redes waarom jy vandag, op Moedersdag, jou ma moet bederf:

Jou ma is ’n superheldin, jy skuld haar.

  • ’n Ma werk harder as enigiemand anders. Só hard dat ’n opname onder 2 000 ma’s al gewys het die gemiddelde ma doen twee en ’n half mense se werk en het daagliks net een uur en sewe minute waarin sy op haarself kan fokus. Gee aan jou ma vandag die geskenk van tyd. Koop of maak kos, sodat sy dit nie hoef te doen nie of sit ’n handjie by met een van haar take.
  • ’n Ma is haar kinders se beste vriend. ’n Opname in 2015 deur die Benenson Strategy Group het gewys meer as die helfte (55%) van alle millenniërs sê een van hul ouers is hul beste vriend, en in die meeste gevalle is dit hul ma.
  • ’n Ma kan haar kind se stresvlakke laat daal met haar stem. Selfs net ’n telefoongesprek met jou ma, kan jou vlakke van die streshormoon kortisol laat daal en die liefdeshormoon oksitosien laat styg. ’n Studie deur Leslie Seltzer, ’n biologiese antropoloog aan die Universiteit van Wisconsin-Madison, het gevind studente wat blootgestel word aan ’n stresvolle taak en dan oor die telefoon met hul ma praat, se stresvlakke daal aansienlik. Net soveel as dié van studente wat dieselfde stresvolle taak moet uitvoer en dan persoonlik met hul ma gesels en selfs ’n drukkie kry. ’n Oproep aan jou ma op Moedersdag is dus nie nét ter wille van haar nie.
  • ’n Ma offer baie op vir haar kinders.’n Duitse studie wat in 2017 in die European Sociological Review gepubliseer is, het gevind ma’s versamel in hul leeftyd net 60% van die rykdom wat kinderlose vroue bymekaar maak. Dit klink dalk voor die hand liggend, maar dieselfde geld nie mans met kinders nie.

Vroue is meer geneig om werkloos te wees, aldus die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) se verslag “Society at a Glance 2016”, terwyl heelwat van dié vroue erken hulle sou gewerk het as daar toegang was tot bekostigbare kindersorg.

Meer oor:  Ma  |  Moedersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.