Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Julie-wenner vertel van haar troudag

Monique Murphy van Kempton Park, die Julie-wenner van Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie, is op 26 Julie met Zane getroud. Sy vertel meer oor haar groot dag.

Monique en Zane Murphy voor die kansel.

Vertel ons meer van jou rok.

My rok is deur Love and Lace in Kempton Park gemaak. Ek het omtrent by elke bruidsboetiek in ’n 50 km-radius, rokke in elke styl aangepas en niks het my asem weggeslaan nie. Toe ontdek ek Love and Lace, baie naby aan my huis. Met die rokpas-afspraak het ek net een trourok aangepas. My bruidsmeisies se reaksies het my verseker dat dit dié rok is, nog voor ek myself in die spieël gesien het. Kant is deesdae ’n baie gewilde materiaal en ook baie vleiend. Die rok self en die moue het kantpatrone opgehad – dit lyk mooi en steek die oortollige rolletjies weg! Dit was my absolute droomrok.

Zane en sy strooijonkers.

Het jy ’n kleurskema of tema gehad toe jy jou dekor gekies het?

As dit by dekor kom is minder mooier en beter. Dit is ook beter vir die mense wat aan tafel sit – dis aaklig as daar nie plek is om jou drankie of handsak neer te sit nie. Kerse skep ’n romantiese atmosfeer en lyk baie mooi saam met feetjieliggies. Ek het kort- en langkersblakers gebruik en hier en daar roosgoue blakers. Ons kleurskema was wynrooi en donkerblou. Ek het besluit om donkerblou servette saam met protea-blomme en bloekomblare te gebruik vir genoeg kleur op die tafels.

Monique en een van haar bruidsmeisies.

Wat het jy vir jou gaste voorgesit?

Net na die seremonie het al die gaste na ’n pragtige grasperk beweeg waar hulle heerlike versnaperinge kon geniet terwyl ons foto’s geneem het. Harmonie Proteas word beslis geken aan hulle heerlike kos, jy kan die liefde proe. Ons het ’n spyskaart probeer kies wat almal sou geniet en ek dink uit al die troubeplanning was dit die maklikste. Nagereg was die oulikste “mini-desserts” – van kaaskoek, melktert en pepermentpoeding tot sjokolademousse.

Die bruidspaar en hul gevolg.

Wat is die een ding van jou troudag wat vir jou uitstaan?

Een ding van ons troue wat vir my uitgestaan het was ons gaste. Dit was so lekker om te sien hoe mense wat mekaar voor die troue glad nie geken het nie, saam kuier en saam met ons ons liefde vier, hoe familie wat mekaar lank terug gesien het, weer opvang en die troue vreeslik geniet. Die liefde tussen ons mense was onbeskryflik.

Die bruid en haar bruidsmeisies.
Die nuwe mnr. en mev. Murphy.

Het jy enige wenke oor hoe jy koste besnoei het?

  • Maak dit self, byvoorbeeld die dankie-sê-geskenkies. Ek het nie gedink ons sou tyd kry nie, maar ’n mens maak tyd. Ons het botteltjies met heuning as dankie-sê-geskenkies gegee en omdat ons dit self gemaak het, het dit ons ’n derde van die gekwoteerde prys gekos. Ons het die glasbottels by Consol gekoop, heuning by ’n plaaslike boer gekoop en dit self verpak.
  • Minder is meer. Jy het nie alles nodig wat jy op Pinterest sien nie! Kies dit wat regtig vir jou uitstaan en wat jy ná die troue weer kan gebruik.
  • Ondersteun klein ondernemings. Meeste kleiner ondernemings is bereid om jou versoeke te akkommodeer en is goedkoper en vinniger as sommige groot ondernemings.
  • Neem tyd om meer as een kwotasie te kry. Die eerste kwotasie is nie noodwendig die beste en goedkoopste opsie nie.
Die troue was op ’n proteaplaas in Rayton.
Die onthaalsaal is minimalisties mooi gemaak.
Die tafels was elegant en nie oorlaai met tierlantyntjies nie.
Van die versnaperinge waaraan gaste gesmul het.
Gaste is bederf met ’n verskeidenheid mini-nageregte.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.