Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kaapse hospitaalwerkers met musiek bemoedig
’n Hospitaalwerker dans saam op die gras voor die Groote Schuur-hospitaal. Foto: Jaco Marais

Dit was pret en jolyt Dinsdag buite Kaapse hospitale toe ’n rooi dubbeldekkerbus vol musikante in die parkeerterreine stilgehou het om hoop en bemoediging met musiek te bring.

Die prettige liedjies wat die musikante van die bus se dak af gesing het, het dokters, verpleegsters, laboratoriumpersoneel, kankerpasiënte, Covid-19-pasiënte, administratiewe personeel en selfs voetgangers in Kaapstad opgebeur en hoop gebring in ’n tyd van moedeloosheid.

“Dit was om hulle te erken en te bedank vir die swaar pad wat hulle stap,” lui ’n verklaring van Adcock Ingram, ’n farmaseutiese konglomeraat wat met die HOPEtober-projek begin het.

“Die doel is om uit te reik na diegene in die geboue sodat hulle die liedjies kan kom luister en, as hulle kan, buite by ons te kom aansluit.”

Hospitaalwerkers dans voor die rooi bus by die Netcare Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in die middestad . Foto: Jaco Marais

Die bus het Dinsdag gestop by die Netcare N1 Stad-Hospitaal in Parow, by die Groote Schuur-hospitaal in Observatory, die Somerset-hospitaal in Groenpunt en die Netcare Chris Barnard-Gedenkhospitaal in die middestad.

Van die liedjies wat in die Kaap opgeklink het, sluit in ‘Spirit of the Great Heart’ en ‘Asimbonanga’ deur Johnny Clegg, ‘Welcome to Cape Town’ deur David Kramer, die Nuwe Oukraal-liedjie gesing deur Emo Adams, ‘Dance Some More’ en ‘Nice to see you’ deur Mango Groove.

Gesondheidswerkers dans saam voor die Groote Schuur-hospitaal. Foto: Jaco Marais

Die gesingery deur die musikante en die gehore het ongeveer 30 minute aangehou en daarna is dit afgesluit met sang en dans op die maat van die trefferlied ‘Jerusalema’ deur Master KG.

“Die reaksie hierop was ongelooflik,” lui die verklaring. Dit is verlede week ook vir gesondheidswerkers in Johannesburg en Pretoria gedoen.

In die Kaap was die akteur en komediant Mortimer Williams die aanbieder. Leah, sangeres en voormalige aanbieder van Boer soek ’n vrou , Lynelle Kenned, vermaaklikheidster, Namisa Mdlalos, Kinky-boots-ster, en Keeno Lee Hector, akteur van die TV-reeks Sara se geheim, het die hospitaalwerkers vermaak en aan die dans gehad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.