Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kaapstad 1 van 10 beste plekke ter wêreld om Nuwejaar te vier

Kaapstad is een van die tien beste plekke ter wêreld om Oujaarsaand te vier, volgens die reiswebwerf Big 7 Travel.

’n Vuurwerkvertoning op Nuwejaar by die V&A Waterfront in Kaapstad.Foto: Die Burger

Die Moederstad beklee die tiende plek op die webwerf se lys van die beste plekke om die nuwe jaar in te lui en is die topbestemming in Afrika, volgens sy 1,5 miljoen lesers.

Maputo in Mosambiek is 50ste op die lys, Marrakesj in Marokko 40ste en die Victoria-waterval in Zimbabwe 18de.

Big 7 Travel het die V&A Waterfront se jaarlikse Nuwejaar-ekstravaganza uitgewys as ’n hoogtepunt en sê: “Die V&A Waterfront in Kaapstad betower mense tot in die nuwe jaar.”

David Green, uitvoerende hoof van die waterfront, sê die waterfront bied ’n onvergeetlike Nuwejaarsviering en is net die plek vir inwoners en besoekers.

“Die waterfront sal deur die aand bedrywig wees. Daar is optredes en heerlike kos en ’n vuurwerkvertoning, wat oor die stad heen gesien kan word, sal die nuwe jaar inlui.”

Enver Duminy, uitvoerende hoof van Kaapstad-toerisme, sê saam met die Tafelbergsweefspoormaatskappy, Robbeneiland-museum, Kirstenbosch Botaniese Tuin, Groot Constantia en Kaappunt, vorm die V&A Waterfront deel van Kaapstad se “groot ses”, die ruggraat van toerisme in die stad.

“Miljoene mense besoek die V&A Waterfront jaarliks, wat werk skep vir inwoners en miljoene rande in die ekonomie van die stad pomp. Die V&A se toewyding om elke Oujaarsaand skouspelagtige vermaak te bied, het daartoe gelei dat Kaapstad op hierdie lys ingesluit is.”

James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede en toerisme, sê dat Kaapstad op die lys is, bevestig die stad se verbintenis daartoe om toerisme toeganklik te maak.

“Pryse soos hierdie een is ’n uitstekende manier om ons prestasievlakke te meet en te sien wie ons mededingers is. Dit gee ons die geleentheid om te bepaal wat ons reg doen en waarmee ons as stad kan verbeter,” sê hy.

Die tien voorste plekke op die lys om Oujaarsaand te vier is:

1. Reykjavik, Ysland;

2. Koh Phangan, Thailand;

3. Sydney, Australië;

4. New York, VSA;

5. Valparaíso, Chili;

6. Vancouver, Kanada;

7. San Juan, Puerto Rico;

8. Praag, Tsjeggiese Republiek;

9. Rio de Janeiro, Brasilië; en

10. Kaapstad, Suid-Afrika.

Meer oor:  Kaapstad  |  Nuwejaar  |  Toerisme  |  Big 7 Travel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.