Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kaapstad een van die wêreld se 'beste stede'

Kaapstad het nog ’n toekenning ingepalm – dié keer as een van Flight Network se beste stede vir 2019.

Kaapstad is een van Flight Network se 50 “beste stede” in die wêreld. Foto: Hendrik Hancke

Flight Network, ’n Kanadese aanlyn-reisagentskap, het ’n lys van die 50 “beste” wêreldstede saamgestel op grond van die menings van meer as 1 000 reisskrywers, reis-bloggers en reisagentskappe wêreldwyd.

Kaapstad beklee die sewende plek. Die enigste ander stad in Afrika op die lys, is Marrakesj in Marokko, op nommer 46.

Flight Network sê al die buitelugaktiwiteite wat Kaapstad bied, asook natuurlik Tafelberg, is die stad se beste bates. Hulle noem die Kaap die Goeie Hoop (Kaappunt), Boulders-strand en Leeukop as ander belangrike besienswaardighede.

Die top10 beste stede volgens dié lys is:

1. Parys, Frankryk

2. New York, VSA

3. Londen, Engeland

4. Venesië, Italië

5. Vancouver, Kanada

6. Barcelona, Spanje

7. Kaapstad, Suid-Afrika

8. San Francisco, VSA

9. Sydney, Australië

10. Rome, Italië

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, sê die stad bly een van die mooiste stede in die oë van die wêreld, en dit bied ’n verskeidenheid dinge om te sien en te doen vir besoekers.

“Ons is verootmoedig dat Kaapstad aangewys is as die beste ligging op die vasteland en hoop reisigers sal aanhou om Kaapstad as ’n moet-sien-bestemming te beskou.”

Plato sê meer as 300 000 werkgeleenthede word ondersteun deur die plaaslike toerismebedryf, en toekennings soos hierdie is belangrik om die internasionale gemeenskap se belangstelling verder te wek.

Meer oor:  Dan Plato  |  Kaapstad  |  Toekenning  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.