Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kaapstad wil topbestemming word vir afstandwerk

Kom kuier in Kaapstad en werk enige plek ter wêreld.

Dit is die boodskap wat die Kaapstadse metro wil uitdra met die projek “Digitale Swerwer” wat hy Maandag in samewerking met Kaapstad Toerisme bekend gestel het.

Kaapstad is juis vanjaar op Big 7 Travel se lys as een van die 50 beste plekke in die wêreld vir afstandwerk.

James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, sê in ’n verklaring die toerismesektor het aangepas by die konsep van afstandwerk deur bekostigbare langtermynverblyf en ander voordele wat nodig is vir afstandwerk, aan besoekers te bied.

Die metro en Kaapstad Toerisme gaan ’n uitgebreide veldtog van stapel stuur in al die belangrike internasionale toerismemarkte, sowel as die binnelandse mark, om die metro te bemark as ideale plek om na weg te breek terwyl mense steeds werk.

Die “digitale swerwer” is ’n nuwe soort toeris en sal help met die ekonomiese herstel van veral die toerisme- en gasvryheidsbedryf, lui die verklaring.

“Die metro wil ook met die nasionale regering praat oor ’n visum spesifiek vir afstandwerk, wat die toerismebedryf sal help en op sy beurt werkgeleenthede sal skep,” lui die verklaring.

“Covid-19 het die manier verander waarop ons werk. As daar een positiewe ding uit hierdie pandemie kan kom, is dit dat die toekoms van werk anders lyk. Dit plaas Kaapstad in die beste posisie om in die veranderende behoeftes van die internasionale arbeidsmag te voorsien.

“Oorweeg ’n ‘werkvakansie’ in Kaapstad. Of jy ’n afstandkantoor vir ’n dag, ’n maand of drie maande wil hê, Kaapstad sal kan voorsien in hierdie behoefte,” sê Vos.

Meer oor:  James Vos  |  Topbestemming  |  Afstandwerk  |  Digitale Swerwer  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.