Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kamers/Makers-mark: Perfekte presente vir almal
Lapoplap se oondlappies kos R100 elk.

Op soek na die perfekte geskenke? Die Kamers/Makers-mark het iets vir elkeen.

Dit vind van 8 tot 13 Desember by Cornwall Hill College in Irene plaas. Die mark is elke dag van 09:00 tot 17:00 oop, en op Vrydagaand tot 19:00. Hulle beloof om aan alle Covid-19-vereistes te voldoen en jy móét natuurlik ’n masker dra. Koop jou kaartjie aanlyn, want die daaglikse voete moet beperk word. Jy sal wel kaartjies by die hek kan koop, maar as die mark baie besig is, sal aanlyn kaartjiehouers voorrang geniet.

Oh Sole Footwear se leerskoene. Hierdie paar kos R680.
Eye Candy Library se lampkappe. Pryse begin by R140 elk.
Samesyn se pragtige voorskote pas enige jong kok van twee jaar oud af en kos R250 elk.

Kaartjies kos R60 aanlyn en R80 by die ingang, dit sluit ’n Kamers/Makers-inkopiesak asook ’n Consol-waterbottel in.

Gelukkig is diegene wat nie in die Noorde bly nie, nie uitgesluit nie. Tydens die inperking is die Kamers/Makers- aanlyn winkels ook aansienlik uitgebrei. Al die produkte op hierdie blad is nou te koop by kamersvol.com.

Fearika Design se keramiekwerke is nie perfek nie, dís wat dit so besonders maak. Hierdie uilbord kos R450.
Van der Vloed se vase is funksionele kuns. Links na regs: Dennis (R780), Alice (R630), Cutie (R420) en Quinn (R630).
Byderwetse sonbrille met ’n houtraam soos dié van Sk8shades (R1 900) is modieus én omgewingsvriendelik.

Meer oor:  Geskenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.