Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kan jy jou selfoon vir maand lank uitlos?

Kundiges wat besorg is oor die impak van digitale media, veral selfone, moedig mense aan om weg te bly van sosiale media en hul selfone vir ’n maand lank weg te bêre.

Volgens Sky News het dit veral noodsaaklik geword om jong mense daarvan te oortuig om minder tyd voor die klein, flikkerende skerms in hul handpalms deur te bring.

En dis juis die hoofrede hoekom Scroll Free September van stapel gestuur is. Om jou selfoon weg te bêre vir die hele maand van September is volgens die Koninklike Vereniging vir Openbare Gesondheid net so belangrik soos om nie te rook of te drink nie. Te veel daarvan is sleg vir jou, sê hulle.

Olodonation.com berig dat meer as 2 000 mense hulself reeds verbind het om die “Groot Vyf” vanaf 1 September vir ’n maand lank te los – dis nou Facebook, Instagram, Snapchat, Twitter en YouTube.

Facebook en Instagram het onlangs nuwe apps bekend gestel waar jy kan kyk hoeveel tyd jy daagliks op dié platforms bestee en wat jou ook die vermoë gee om self ’n tydsbeperking op jou gebruik daarvan te plaas.

Meer oor:  Sosiale Media  |  Tegnologie  |  Selfone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.