Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kansa-aflos lok talle in die tyd van koronavirus
Marlene de Kock is in remissie nadat sy omtrent vier jaar borskanker gehad het. Hier is sy by die Kansa-aflosgeleentheid wat Saterdagaand by Prellerplein gehou is. Foto: Cheréne Pienaar
Sharne Viljoen, ‘n sesdejaar-teologiestudent, Palesa Shale (13) van die Brebner Primary School, Sandra Grobler en Nicolette Venter het die Kansa-aflosgeleentheid gestap. Foto: Cheréne Pienaar

’n Kankerlyer wat wyd opspraak gewek het toe sy kaal foto’s ná haar dubbele mastektomie laat neem het, se fase 2-borskanker is twee jaar later in remissie.

Marlene de Kock (48), wat die foto’s sonder klere en sonder hare laat neem het, het Saterdagaand, mét ’n dik bos hare, die Cansa Relay For Life in Bloemfontein saam met 63 ander oorwinnaars gestap.

“1 April is my volgende ondersoek. Ek glo ek is totaal en al genees.”

’n Totaal van 24 spanne bestaande uit agt tot 15 mense per span het in hul helderste diskodrag die roete onderdak gestap.

Veggees in die tyd van die virus. Saterdagaand by die Kansa-aflosgeleentheid by Prellerplein het mense in hul helderste diskodrag gestap. Riekie Muller en haar dogter Mariska Groenewaldt sê hulle doen dit vir haar ouma wat aan borskanker dood is.Foto: Cheréne Pienaar

Margie Anderson, ’n onderwyseres by die Eunice High School, het vir die altesaam 64 kankeroorwinnaars gesing en kitaar gespeel terwyl hulle vol lewenslus onder die afdak gestap het.

Elke span het onder meer eetgoed verkoop om geld in te samel vir Kansa.

’n Emosionele Madelene du Toit sê om iets soos die Kansa-aflosgeleentheid te stap is om kankerlyers en hul geliefdes te help om te oorleef.

Charlize Mathewson (26) en Marais Bekker (31) het ook die Kansa-aflosgeleentheid ter ondersteuning van kankerlyers gestap. Foto: Cheréne Pienaar

Sy het vir Judy, haar ma, en Koos Ludick, haar broer, gestap wat aan kanker dood is.

Koekie Botha (74) van Heidedal het 12 jaar gelede aan borskanker gely en dit oorwin.

“Ek is nie siek nie. Die kanker kry my nie onder nie!”

Sy sê sy moet egter gereeld vir ondersoeke gaan.

“Die kanker is baie skelm, dit kom skielik uit.”

Rampedi Modise (60) het kanker oorleef en het die Kansa-aflosgeleentheid gestap om dit te vier en ter ondersteuning van ander kankerlyers. Voor hom is Carla Hillebrandt (15) van Ace Models. Madelene du Toit stap heel voor. Foto: Cheréne Pienaar

Die aand was volgens die organiseerders ’n reusesukses, terwyl talle ander geleenthede in die stad steeds weens die Covid-19-virus gekanselleer word.

Marike Simkin, een van die organiseerders, sê sowat drie van die spanne het weens die koronavirus onttrek.

“Die aand het egter baie goed verloop en die atmosfeer was fantasties.”

Volgens Simkin was Saterdagaand se aflos in Prellerplein se parkeerarea gehou omdat dit moontlik sou reën.

Sy sê as enigiemand by Kansa betrokke wil raak, kan hulle die webtuiste by cansa.org.za besoek.

Lees hier hoe Marlene haar nuwe lyf omarm het.

Meer oor:  Kansa  |  Bloemfontein  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.