Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kapenaars maak SA trots op parade in China

’n Groep dansers van die Kaapstad Karnaval het Dinsdag die gehoor by die jaarlikse Chinese Nuwejaarsfeesvieringe in Hongkong met hul optrede bekoor.

Die Likhwezi-kunsprojek, wat al meer as vyf jaar by die Kaapstad Karnaval optree, Dinsdag by die Chinese Nuwejaarsparade.

Die groep is deur die toerismeraad van Hongkong genooi om by Cathay Pacific se Internasionale Chinese Nagparade op te tree.

Jay Douwes, uitvoerende hoof van die Kaapstad Karnaval, sê dié geleentheid dui daarop dat hulle vaardige kostuumontwerp en kreatiwiteitsvlak van goeie gehalte is en dat Suid-Afrikaanse karnavalkunstenaars geskik is om op internasionale feeste en parades te presteer, soos die Chinese parade. Die Chinese parade het dieselfde formaat as die Kaapstad Karnaval met skouspelagtige sierwaens en altesaam 25 groepe wat optree.

Die groep karnavalkunstenaars, wat uit die Likhwezi-kunsprojek bestaan, het saam ’n fantastiese roetine vir hul optrede saamgestel, sê Pamela Mtati, die groep se leier. Die Likhwezi-kunsprojek tree al meer as vyf jaar by die Kaapstad Karanaval op.

“Ons het ’n sterk Afrika-vertoning geskep wat die wonderlike talent vertoon wat ons in hierdie land het,” sê Mtati.

Hulle het die liedjie, “Mambhele”, gekies vir die opvoering aangesien dit nodig was om met die Afrika-invloed te resoneer. Die liedjie is deur die Abavuki Marimba-orkes van Langa in Kaapstad opgevoer.

Die spoggerige kostuums wat gekies is, was stamkostuums met enorme kopstukke – die protea en ’n olifant. Die dansers was geklee in swart en geel kostuums met ’n tradisionele Xhosa-ontwerp.

“Dit is ons tyd om Suid-Afrika en al sy ongelooflike talente in kostuum en dans te vertoon,” sê Douwes.

Die Kaapstad Karnaval vind vanjaar op 16 Maart plaas. Meer as 2 000 karnavalgangers word verwag wat die lekkerlooproete van 1,2 km in Groenpunt sal geniet. Meer as 50 energieke en talentvolle groepe kunstenaars sal hul skouspelagtige sierwaens, reusepoppe en buitensporige kostuums op die karnaval ten toon stel.

Meer oor:  Kaapstad Karnaval  |  Hongkong  |  China  |  Parade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.