Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kaptein Tom veg nou teen eensaamheid

Kapt. Tom Moore, Brittanje se 100-jarige liefdadigheidsheld, raak nou een van dié land se voorste podsending-uitsaaiers met die bekendstelling van ’n reeks oor hoe bejaarde mense isolasie moet hanteer, het ’n korporatiewe borg Maandag gesê.

Die podsending, genaamd The Originals, is deel van ’n veldtog deur die liefdadigheidsorganisasie Age UK en Cadbury’s wat daarop gemik is om mense tot ’n sinvolle gesprek met ’n ouer mens aan te spoor, lui ’n verklaring deur Cadbury’s, wat ook beklemtoon dat sosiale isolasie, veral onder bejaardes, tydens die Covid-19-krisis vererger het.

“Ek hoop die Originals-pod­sending sal mense aanspoor om ’n behoorlike gesprek met ’n ouer mense aan te knoop,” het die verklaring gelui waarin Moore aangehaal word waar hy sê: “Ons het honderde ongelooflike stories wat wag om vertel te word.”

Dit is die jongste uitdaging van dié veteraan uit die Tweede Wêreldoorlog wat deur koningin Elizabeth tot ridder geslaan is nadat hy £39 miljoen vir dié land se gesondheidsdiens ingesamel het deur vroeër vanjaar tydens die inperkings rondtes in die tehuis waar hy woon se tuin te loop.

Hy het ook twee Guinness-wêreldrekords verbeter, ’n boek geskryf en ’n kontrak geteken vir ’n rolprent oor sy lewe.

Age UK sê in ’n verklaring 25 000 ouer mense praat normaalweg vir ’n week lank met niemand nie.– Reuters

Meer oor:  Kapt. Tom Moore  |  Podsending
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.