Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Ken die bestanddele in jou ontsmetmiddels

Toe sprake van ’n moontlike pandemie die ronde begin doen het, het die verkope van ontsmetmiddels so die hoogte ingeskiet dat daar weke lank ’n landwye tekort aan handreinigingsmiddels was.

Sedertdien het talle kansvatters natuurlik ’n geleentheid gesien.

Foto: iStock

Dr. Jacques Snyman, uitvoerende hoof van ’n mediese-administrasiemaatskappy, sê net omdat ’n produk homself ’n ontsmetmiddel noem, beteken nie dit sal enige virus, bakterie, spore en fungi doodmaak nie. Al is iets tegnies gesproke ’n ontsmetmiddel, is dit ook nie noodwendig doeltreffend teen virusse nie; dalk slegs teen bakterie, byvoorbeeld.

“Wees versigtig om sommer net enige produk in jou mandjie te laai, want dit gaan jou nie noodwendig beskerm nie,” sê Snyman.

“Lees die etiket en weet wat al daardie wetenskaplike name beteken.”

Die oplossing is ook belangrik, sê hy. Produkte wat alkohol as ontsmetmiddel bevat, moet minstens uit 60% alkohol bestaan om te werk. Enigiets met minder as 50% is ’n mors van geld.

Wees op die uitkyk vir die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) of ’n soortgelyke organisasie se stempel; dit beteken die vervaardiger se aansprake is gestaaf.

Snyman bied die volgende verduideliking oor die werking van ontsmetbestanddele, hetsy vir jou hande of huishoudelike gebruik.

Alkohol: Alkoholsoorte in ontsmetmiddels sluit gewoonlik propileen (propylene), etanol (ethanol) en isopropanol in.

Die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming sê dis steeds doeltreffender om jou hande vir 20 sekondes met seep en water te was, maar beveel aan jy gebruik handontsmetmiddels wat minstens 60% alkohol bevat as voorkoming teen Covid-19 wanneer jy nie jou hande kan was nie.

Alkalieë: Kalsiumhidroksied (calcium hydroxide), natriumkarbonaat (sodium carbonate) en kalsiumoksied (calcium oxide) is ’n paar voorbeelde. Dit werk stadiger as alkohol en kan jou vel brand, maar is doeltreffend teen bakterieë, virusse, spore en fungi.

Aldehiede: Die algemeenste voorbeeld is glutaaraldehied (glutaraldehyde). ’n 2%-oplossing glu­taaraldehied is baie doeltreffend teen bakterieë, virusse, spore en fungi, sowel as die organismes wat tuberkulose veroorsaak. Dis doeltreffender as formaldehied en minder toksies.

Oksideermiddels: Ontsmetmiddels wat chloor bevat, soos die bleikmiddel natriumhipochloriet (sodium hypochlorite), kalsiumhipochloriet (calcium hypochlorite) en chloordoksied (chlorine dioxide), werk vinnig, maar kan jou vel brand en is skadelik om in te asem. Moet veral nooit dié middels met ammoniak meng nie, want dit stel ’n skadelike gas vry.

Dis effektief teen bakterieë, virusse, spore en fungi, sowel as die organismes wat TB veroorsaak.

Fenole: Anders as alkohol, wat verdamp, los fenole (phenols) ’n lagie agter. Dit kan jou vel en oë irriteer en is skadelik vir katte.

Dit maak bakterieë, virusse en fungi dood, maar nie spore nie.

Ammoniumverbindings: Bensalkoniumchloried (benzalkonium chloride) is doeltreffend teen bakterieë, spore, fungi en sommige virusse. Hoë konsentrasies kan jou vel, oë en longe irritee

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.