Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Kiekies uit New York wys ons ly tesame

Op ’n dag was Elaine besonder moedeloos. Toe Sophia haar vra waarna sy die meeste uitsien, het sy gesê ’n ete by haar gunsteling-eetplek, die Blue Bay Diner. Daardie Saterdagoggend het Neil die balkon ingerig, ’n kelnerin-uitrusting aangetrek en ’n brunchtipies aan die eetplek bedien. Foto’s: Neil Kramer
Maak nie saak waar die mens ingeperk word nie, die uitdagings bly baie soortgelyk. So wys ’n fotoprojek wat die New Yorkse fotograaf Neil Kramer aangepak het.

Aan die begin van 2020 het die fotograaf en draaiboekskrywer Neil Kramer alleen in ’n tweeslaapkamerwoonstel in Queens, New York, gewoon.

Sy 87-jarige ma, Elaine, was soos altyd vir die Noordelike Halfrond se winter in Florida. Toe daar egter probleme opduik met haar verblyf, het sy vir “ ’n paar weke” by haar seun ingetrek. Terselfdertyd het sy eksvrou, Sophia Lansky, se blyplek in Los Angeles oorstroom en ook sy het gevra of sy vir ’n kort tydjie by Neil kon afpak.

Elaine moet ’n pakkie by die voordeur ontvang. Ná Neil en Sophia se preek oor maskers, handskoene en handreinigers het sy uitgeroep: “Sit net ’n stortgordyn oor my kop!”

Elaine het die hoofslaapkamer gekry, Sophia die ander kamer en Neil het op die bank geslaap. Dit was beknop, maar mos net vir ’n kort tydjie. En toe tref ’n wêreldwye pandemie . . .

Dis nou 11 maande later en die drie woon steeds saam “in kwarantyn”.

Toe hul plaaslike fliekteater in Julie 2020 ’n teken opsit wat sê hulle maak binnekort oop, het Neil, Elaine en Sophia solank in die ry gaan sit.

Neil vertel hul kwarantyn is nie totale isolasie nie, maar dat hulle selde enigiemand anders as mekaar sien. Omdat sy ma 87 en daarom ’n hoë risiko het, is hulle besonder versigtig om nie die virus te kry nie. “Ons het sedert Maart 2020 nog nie weer in ’n restaurant geëet nie. Ek was nie op ’n bus of trein nie. Ek het nog net twee keer ’n vriend ontmoet – ook net vinnig in ’n park, gemasker en sosiaal gedistansieer.”

In kwarantyn verloor ’n mens tred met tyd en die afgematheid staan geskryf op jou lyf, sê Neil.

Neil sê hy vind die situasie baie isolerend en natuurlik lei dit baie keer tot konflik. Om dit te verwerk, het hy begin foto’s neem om hul lewe van dag tot dag en spesifieke situasies uit te beeld. Neil sê hy vind die foto’s terapeuties. Hy deel sy foto’s op Instagram en in die kommentare is dit duidelik hoe almal oor wêrelde heen kan aanklank vind daarby.

Die driemanskap hou hul eie Macy’s Thanksgiving-parade tuis. Dis gewoonlik ’n groot gebeurtenis op die New Yorkse sosiale kalender.

Op die een is Neil op ’n Zoom-oproep, terwyl Sophia op die grond lê om vir hom ’n bord kos aan te gee sonder om op die agtergrond in sy oproep te verskyn. ’n Ander wys Neil wat op die klein balkon oefeninge doen, terwyl Elaine in die voorgrond sit en televisie kyk. Hulle het ook toiletpapier opgegaar, inkopies voor ’n toe deur laat aflewer en moes al haarkapper speel vir mekaar . . .

Een badkamer, drie mense . . .

Elaine het pas haar eerste dosis entstof ontvang en sal waarskynlik die tweede teen Februarie kry. Of sy dan haar vlerke sal sprei en die nes gaan verlaat, moet die driemanskap nog besluit.

Meer oor:  Inperking  |  New York  |  Fotograaf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.