Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Kilo’s vir Calvies’-aflos vind eersdaags plaas

Bekendes, onderwysers, leerlinge en ouers van die Tankwa-Karoo gaan binnekort die sowat 350 km van Calvinia na die Paarl in ’n afloswedloop aanpak.

Francois van der Merwe, ’n boer van die plaas Brakfontein in die Tankwa, sê weens die koronaviruspandemie het die Laerskool Calvinia die afgelope twee jaar die fondsinsameling van die Vleisfees verloor.

Die feit dat rugby- en ander kontaksport-byeenkomste by die laerskool, waar sy tweeling skoolgaan, vir eers uitgestel is, het die gemoedere nog verder verlaag.

Nica Visagie, hoofmeisie van die Laerskool Calvinia, en De Wet Nel, hoofseun van die skool, is slaggereed vir die aflos einde Augustus.

“Die kinders sou die eerste rugbyspel van die jaar speel. Dit was omtrent ’n antiklimaks.”

Hy het Kilo’s vir Calvies, die aflos-projek, op die been gebring om ’n fondsinsameling wat buite die grense van die distrik strek te bewimpel.

“Ek het ’n behoefte raakgesien om ’n fondsinsameling te doen en gedink kom ons ry fiets of hardloop – iets wat Jan Alleman aan kan deelneem.”

Die aflos, wat Vrydag 27 Augustus begin en tot Saterdag 28 Augustus duur, is veral gereël sodat jong atlete nou ’n doel voor oë het.

Sover hardloop bekendes soos die voormalige Springbok-kaptein Corné Krige (45) en sy vrou, Justine, asook Mnr. Suid-Afrika 2019, Heinrich Gabler, saam.

Die idee is om borge te kry wat hul onderneming se embleem op Krige en ander se klere sal laat druk.

Die leerlinge, onderwysers en ouers gaan minstens 5 km per persoon hardloop.

Die eindpunt is by die Cana-landgoed in die Paarl wat deur Hugo van Niekerk, ook ’n oud-Calvinianer, besit word.

Van der Merwe sê die meeste mense wat reeds ingeskryf het, gaan as gesin saam hardloop.

“Dit kan ’n heerlike familiepoging wees.”

Behalwe atlete soek hulle ook bystand, noodhulp, kos, vervoer en grootliks skenkings, borge en bydraes per kilometer.

“Ons hoop dit is ’n massapoging om ook gees te bou ná twee moeilike jare.”

* Belangstellendes kan Inalene Nel by 084 599 5260 kontak.

Meer oor:  Tankwa-Karoo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.