Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Knip-knip!
Van ’n kop vol hare tot ’n kunswerk. Guiseppe Angelo Gesmundo, ’n haarkapper van El Pelo Hair Studio in Magalieskruin, Pretoria, gebruik sy haarskeerder en skeerlem om ’n kunswerk op ’n 15-jarige leerling van Pretoria se kop te skep. Eers skeer hy d
Die kop van ’n 16-jarige Pretoriase leerling het ook as skilderdoek vir Guiseppe se kuns gedien.
Die haarkapper Guiseppe Angelo Gesmundo.

Onder die haarkapper Guiseppe Angelo Gesmundo se skeerlem word ’n haarsny ’n kunswerk, skryf Sonja Carstens.

Die hare waai wanneer Guiseppe Angelo Gesmundo ’n skeerlem beetkry.

Guiseppe, van die El Pelo Hair Studio in Magalieskruin, Pretoria, beoefen al vir die laaste paar jaar haarskeerkuns nadat hy spesiale kursusse gevolg het om dit te kan doen.

“Ek wou iets anders doen om uiting te gee aan my kreatiwiteit en dit het my aangetrek,” sê hy.

Aanvanklik was hy skrikkerig om met ’n lem op ’n kliënt se kop los te trek.

“Die kuns is om fyn te skeer sonder om die kliënt raak te skeer.”

Volgens Guiseppe het dié haarkuns die afgelope tyd vlamgevat en kry hy al hoe meer ­kliënte – mans én vroue – wat ’n patroon in hul hare geskeer wil hê.

Dit is veral gewild onder jong mans, ook tienerseuns, vir ’n spesiale geleentheid soos ’n jaareindgeselligheid of ’n matriekafskeid.

“Ouer vroue hou ook daarvan, want dit is afwisseling en nie permanent nie. Die geskeer hou nie langer as twee weke nie,” sê hy.

Guiseppe kan sy kuns op enige kop beoefen, maar sê donker hare werk beter omdat die patrone duideliker sigbaar is.

Eers word die hare gewas en dan met ’n knipper korter geskeer voordat Guiseppe sy skeerlem nader trek.

Hy is al vir 16 jaar ’n haarkapper. “Ek was aanvanklik skrikkerig om die beroep te volg. Ek het gevrees almal sal dink ek is gay net omdat ek ’n haarkapper is.

“Maar toe besef ek ek kry die kans om elke mooi meisie se hare te sny wat by die haarsalon instap en ek het die vermoë om hulle nog mooier te laat lyk.”

Sy werksbevrediging kry hy wanneer hy kan sien dat hy ’n kliënt met sy kreatiwiteit goed laat voel het oor hom- of haarself.

Jean-Pierre Jardin (17), ’n leerling van die Hoërskool Montana, het al ’n paar keer Guiseppe se skeerkuns op sy kop laat doen.

“Nog elke keer was die patroon wat hy vir my geskeer het uniek. My vriende dink dit is verskriklik cool, maar hul ouers wil nie hê hulle moet dieselfde doen nie,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.